KFC­4 wou kla­er glo ver­kla

Beeld - - NUUS - Han­ti Ot­to

Vier van die mans wat glo by die KFC-voor­val be­trok­ke was, is ná die voor­val na die po­li­sie­kan­toor om klag­te teen die be­weer­de slag­of­fer in te dien.

“Toe word hul­le self in heg­te­nis ge­neem en tot van­dag toe het die po­li­sie nog nie hul saak teen die kla­er aan­han­gig ge­maak nie, wat vir my on­ver­staan­baar is,” sê Pe­ter Jay, pro­ku­reur van een van die be­skul­dig­des.

Hy sê hul­le stem ook nie saam met die po­li­sie se weer­ga­we dat die be­skul­dig­des op die to­neel by die weg­neem­eet­plek in Mon­ta­na, in die noor­de van Pretoria, ge­vang is nie.

“Die vier mans is kort ná die voor­val self na die Si­no­vil­le-po­li­sie­kan­toor.

“Hul­le wou klag­te van cri­men in­ju­ria, in­ti­mi­da­sie en aan­ran­ding teen die man, wat die be­weer­de slag­of­fer is, in­dien.

“Die be­weer­de slag­of­fers het toe ook by die po­li­sie­kan­toor aan­ge­kom en skie­lik is die vier mans op die plek in heg­te­nis ge­neem,” het Jay ge­sê.

Die pro­ku­reur het ook be­ves­tig wat an­der bron­ne gis­ter

‘‘

As ie­mand dink dat hul reg­te ge­skend is, moet hul­le dit aan die hof noem.

— KAPT. KAY MAKHUBELE

aan­ge­voer het: Daar was vyf mans by die be­weer­de aan­val be­trok­ke, nie ses soos die po­li­sie sê nie.

“Ons het on­af­hank­li­ke ge­tui­es wat sal ge­tuig dat die in­sit­ten­des van die Au­di (J.N. So­no se mo­tor) die ge­veg be­gin het,” het Jay ge­sê.

Twee an­der bron­ne na aan die saak het aan­ge­voer: “Daar was een kar met drie wit mans in die deur­ry­paad­jie by die KFC. Toe was dit die kla­er se kar en toe die an­der twee wit mans in ’n an­der kar.

“Die voor­ste kar se in­sit­ten­des was in ’n woor­de­wis­se­ling met die kla­er ag­ter hul­le, toe raak die men­se in die der­de kar be­trok­ke,” het die bron­ne ge­sê.

Die twee groe­pe mans ken me­kaar glo nie.

Hul­le glo dat die in­lig­ting deur kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal en die be­skul­dig­des se borg­to­gaan­soe­ke be­ves­tig sal word.

In­tus­sen het die vyf­de ver­dag­te, Jos­hua Li­am S­choltz (21), gis­ter in die land­dros­hof in Pretoria-Noord ver­skyn na­dat hy hom Maan­dag oor­ge­gee het.

Die saak teen hom is tot mô­re uit­ge­stel wan­neer hy saam met S­te­fan Nel (40), Dic­ky Ju­ni­or van Rooy­en (24), Ma­ri­us Har­ding (23) en Oc­kert Mul­ler (23) sal ver­skyn.

Nel, Van Rooy­en, Har­ding en Mul­ler is die vier wat Vry­dag in heg­te­nis ge­neem is.

Net Mul­ler, wat deur Ru­an Hol­lan­by van Jay se kan­toor ver­teen­woor­dig is, is op borg­tog van R5 000 vry­ge­laat.

Die an­der be­skul­dig­des is steeds in aan­hou­ding.

Vol­gens die po­li­sie het een van die be­skul­dig­des ’n vo­ri­ge ver­oor­de­ling, ’n an­der ’n han­gen­de saak van aan­ran­ding teen hom en het die der­de glo oor sy a­dres ge­lieg.

Lui­dens die klag­staat sal die vyf mans van po­ging tot moord, die rig van ’n vuur­wa­pen en aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer aan­ge­kla word.

So­no is op 3 Au­gus­tus aan­ge­val.

Ron­nie Si­banda, die aan­kla­er, het gis­ter ten ty­de van S­choltz se hof­ver­sky­ning ge­vra dat die saak tot mô­re uit­ge­stel word.

Hy het ge­sê die staat wil nog se­ke­re be­wys­stuk­ke be­kom en on­der­soek in­stel na So­no se vei­lig­heid (sou die be­skul­dig­des op borg­tog vry­ge­laat word).

Adv. Z.F. K­riel, vir S­choltz, het hier­teen kap­sie ge­maak. Vol­gens hom is hul­le die vo­ri­ge dag in­ge­lig dat die on­der­soek ba­sies af­ge­han­del is en daar­om is die ver­de­di­ging ge­reed om ’n borg­to­gaan­soek te bring.

Na ver­neem word, het die po­li­sie reeds die beeld­ma­te­ri­aal van die KFC-tak se kring­te­le­vi­sie be­kom.

Bui­te die hof het Pie­ter S­teen­kamp, S­choltz se pro­ku­reur, op­ge­merk dat hy lank­laas so ’n vol­le­di­ge dos­sier in so ’n kort tyd ge­sien het. Daar is glo reeds vier on­der­soek­be­amp­tes by die saak be­trok­ke.

■ Kapt. Kay Makhubele, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het in re­ak­sie op Jay se be­we­rings ge­sê die hof sal aan­hoor wat daar­die aand ge­beur het.

“As ie­mand dink dat hul reg­te ge­skend is, moet hul­le dit aan die hof noem,” het Makhubele ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.