Ei­e­naar re­stau­rant kwyt ná hy wer­ker aan­rand

Beeld - - NUUS - Si­mon Son­ne­kus

’n Ei­e­naar van ’n O­ce­an Basket in La­ke­field, Be­no­ni, is sy re­stau­rant kwyt na­dat beeld­ma­te­ri­aal aan die lig ge­kom het waar­in hy ’n werk­ne­mer aan­rand.

In die beeld­ma­te­ri­aal, wat in­tus­sen op so­si­a­le me­dia ver­sprei is, kan ge­sien word hoe die ei­e­naar her­haal­de­lik ’n werk­ne­mer slaan en met sy knie s­kop.

‘‘

Ons duld nie sul­ke op­tre­de . . . nie.

— GRACE HAR­DING, UIT­VOE­REN­DE

HOOF VAN O­CE­AN BASKET

Grace Har­ding, uit­voe­ren­de hoof van O­ce­an Basket, sê die maat­skap­py het ná die voor­val in­ge­tree. Sy sê sy het in­tus­sen self die tak be­soek om met die werk­ne­mer en ei­e­naar te praat.

“O­ce­an Basket is ’n ge­sins­re­stau­rant en moet te al­le tye ’n vei­li­ge om­ge­wing vir al­mal daar­in wees. Ons het aan­vank­lik die ei­e­naar van die re­stau­rant ver­wy­der en met die werk­ne­mer in ver­bin­ding ge­tree en be­ra­ding aan­ge­bied,” sê sy.

Vol­gens Har­ding het die voor­val ver­moe­de­lik in Ju­lie ge­beur, maar dis on­se­ker. Die werk­ne­mer kan nie ont­hou wan­neer hy aan­ge­rand is nie.

Har­ding sê al het die werk­ne­mer ’n re­ël oor­tree, word sul­ke op­tre­de deur die ei­e­naar nie ge­duld nie.

“Ons gee om oor el­ke lid van die O­ce­an Basket-span. E­ni­ge fran­chi­se-ei­e­naar wat die han­dels­naam en sy waar­des in die ge­drang bring, sal nie ge­duld word nie.

“Daar­om is hy ge­vra om die win­kel te ver­laat.

“Sy aan­de­le in die win­kel is nou te koop en die ei­e­naar het ’n aan­tal dae om dit te pro­beer ver­koop.”

Tans word die win­kel deur ’n span van O­ce­an Basket be­dryf ter­wyl die kwes­sie ge­ta­kel word.

“Ons duld nie sul­ke op­tre­de nie en wil hom nie by O­ce­an Basket be­trok­ke hê nie.”

Sy sê die werk­ne­mer ont­vang deur Ca­re­ways be­ra­ding en het be­sluit om nie ’n klag teen die ei­e­naar aan­han­gig te maak nie.

“Toe ons die win­kel be­soek om die saak te on­der­soek, het die ei­e­naar die voor­val be­rou en ge­sê hy het sy hu­meur ver­loor.

“Al het die werk­ne­mer ’n re­ël oor­tree, kan sul­ke op­tre­de nie ge­duld word nie. Ons pro­beer nou die beeld van die han­dels­naam en die re­stau­rant her­stel,” sê Har­ding.

’n Skermgreep uit die beeld­ma­te­ri­aal wat op so­si­a­le me­dia ver­sprei is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.