San­ger ge­bro­ke oor maat se dood

Beeld - - NUUS - Seug­net van Zyl

Bart Bart­mann (37), wat Son­dag met ’n val­skerm­sweef­tuig in Hart­bees­poort ver­on­ge­luk het, was soos ’n broer vir hom, sê die san­ger Ger­hard S­teyn.

Bart­mann, van Si­no­vil­le in Pretoria, het in een van S­teyn se eer­ste mu­siek­vi­deo’s ver­skyn.

S­teyn het Maan­dag ’n foto van hom en Bart­mann as sy ba­nier­fo­to op Fa­ce­book ge­plaas.

Hy was ’n as­sis­tent-val­skerm­sweef­tui­g­in­struk­teur by dié Sky­walk-val­skerm­weef­tuig­s­kool in Broe­der­stroom na­by Hart­bees­poort­dam.

Voor sy dood was hy ’n a­re­a­be­stuur­der van T3 Sur­vei­lan­ce So­lu­ti­ons en se­dert 2004 lid van die po­li­sie se re­ser­we­mag.

Ra­mo­na van der S­puy, woord­voer­der van die Hart­bees­poort­dam-ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF), sê vol­gens oog­ge­tui­es het ’n on­ver­wag­se wind Bart­mann Son­dag om­streeks 16:30 on­kant be­trap kort na­dat hy van die ber­ge ag­ter die A­fri­can S­wiss-re­stau­rant op die R512 in Broe­der­stroom op­ge­styg het.

Sy tuig het be­gin tol en hy het die grond ge­tref. Hy is op die to­neel dood ver­klaar.

Vol­gens sy jon­ger sus­ter, Ma­ri, neem hy se­dert 2012 aan dié sport­soort deel.

“My ou maat, ons al­mal mis jou erg. Oom Ter­tuis, tan­nie Ir­ma, Ca­ro­lien­tjie en Ma­rie . . . ek dink aan jul­le in hier­die tyd . . . jul­le seun en boe­tie was my­ne ook!” het S­teyn by die ba­nier­fo­to ge­skryf.

Die san­ger het ook op Fa­ce­book ge­sê: “My hart is ge­breek. Ek het nie woor­de nie. My in­ni­ge mee­ge­voel aan Bart se fa­mi­lie en an­der vrien­de. Dié wat hom ge­ken het, weet dat hy al­tyd vol­uit ge­le­we het.”

As hul­de­blyk sal van die klub­le­de van die Sky­walk-val­skerm­sweef­tuig­s­kool van­dag teen son­on­der van hom af­skeid neem.

Van Bart­mann se naas­be­staan­des sal ook die hul­de­blyk­vlug by­woon.

Bart Bart­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.