Ma­trieks kry be­ra­ding ná ‘ver­ne­de­ring’

Beeld - - NUUS - – Ja­na Marx

Be­ra­ding, ek­stra klas­se en mo­ti­ve­ring is van die stap­pe wat in­ge­stel is vir ma­triek­leer­lin­ge aan die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp.

Dit spruit voort uit ’n be­soek van die on­der­wys­de­par­te­ment na­dat ma­triek­leer­lin­ge na be­we­ring deur on­der­wy­sers voor me­de­leer­lin­ge ver­klei­neer is.

Die skool­hoof het die leer­lin­ge om ver­sko­ning ge­vra en hul­le ook die ge­leent­heid ge­bied om oor hul on­te­vre­den­heid te ge­sels.

Vroe­ër is be­rig dat se­ke­re on­der­wy­sers van dié skool die on­ge­veer 34 ma­tri­ku­lan­te wat vak­ke ge­druip het, ver­le­de Maan­dag ná skool ge­hou het vir ’n ver­ga­de­ring. Die leer­lin­ge is glo een vir een voor me­de­leer­lin­ge oor hul pun­te oor die ko­le ge­haal is. Som­mi­ge on­der­wy­sers het glo ook per­soon­li­ke aan­mer­kings ge­maak wat ou­ers woe­dend ge­had het.

S­te­ve Ma­bo­na, woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, het be­ves­tig dat die skool be­ra­ding vir al die leer­lin­ge wat op die ver­ga­de­ring ver­ne­der is, beskikbaar stel. Die skool sal ook ’n a­ka­de­mie­se vor­de­rings­plan in­stel om leer­lin­ge met ek­stra klas­se, re­me­di­ë­ring en an­der uit­da­gings by te staan. Hier­die plan sal deur die de­par­te­ment ge­mo­ni­tor word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.