‘Streng rig­ly­ne word ge­volg’

Po­li­sie­la­bo­ra­to­ri­um is nié ge­ak­kre­di­teer

Beeld - - NUUS - Ja­na B­rey­ten­bach Lt.kol. S­har­le­ne Ot­to het Maan­dag in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad be­gin ge­tui­e­nis le­wer.

Die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um is nie ’n ge­ak­kre­di­teer­de fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um nie.

Dit was die punt waar­op adv. Matthys Com­brink, Hen­ri van B­re­da se regs­ver­teen­woor­di­ger, gis­ter meest­al ge­fo­kus het in die kruis­on­der­vra­ging van lt.kol. S­har­le­ne Ot­to in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Ot­to is die fo­ren­sie­se hoof van die bi­o­lo­gie­de­par­te­ment in die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um en sy werk al 24 jaar daar. Sy het Maan­dag be­gin ge­tuig.

Van B­re­da staan te­reg op aan­klag van moord op sy pa, Mar­tin, sy ma, Te­re­sa, en sy ou­er broer, Ru­di. Hy staan ook te­reg op aan­klag van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li, en op regs­ver­y­de­ling. Hy het op 24 A­pril skuld op al die aan­klag­te ont­ken.

Mar­li het die aan­val oor­leef, maar ly aan ge­heu­e­ver­lies en kan niks van die aan­val ont­hou nie. Hen­ri be­weer ’n in­bre­ker het sy ge­sin in Ja­nu­a­rie 2015 met ’n byl aan­ge­val en hom met ’n mes ge­steek.

Com­brink het Ot­to uit­ge­vra oor die la­bo­ra­to­ri­um en wat­ter pro­se­du­res hul­le volg.

Ot­to het ver­dui­de­lik hul­le volg streng in­ter­na­si­o­na­le rig­ly­ne.

Ot­to het Maan­dag ge­tuig die la­bo­ra­to­ri­um het 216 mon­sters ge­toets wat in die Van B­re­da­wo­ning op die De Zal­ze-land­goed in S­tel­len­bosch in­ge­sa­mel is.

Van die be­lang­rik­ste be­vin­dings wat sy ge­doen het, is dat geen on­be­ken­de DNS in die huis ge­vind is nie.

Te­re­sa en Ru­di se DNS is op mon­sters van Hen­ri se stort­vloer ge­vind, as­ook on­der vin­ger­na­el­skra­pings van sy lin­ker­hand.

Hen­ri se DNS is aan die on­der­kant

‘‘

Dit is die po­li­sie se top­struk­tuur wat om ak­kre­di­ta­sie aan­soek moet doen. Ek het geen i­dee hoe­kom dit nog nie ge­doen is nie.

van die byl se hand­vat­sel ge­vind, ter­wyl mon­sters van Ru­di en Te­re­sa se DNS op die kop van die byl ge­vind is. Ru­di se bloed is ook op die mes se hand­vat­sel ge­vind.

Ru­di, Te­re­sa en Hen­ri se bloed is op Hen­ri se slaap­broek ge­vind wat hy ten ty­de van die aan­val ge­dra het.

Mar­tin en Ru­di se bloed is op een van die du­vetoor­trek­sels ge­vind.

Mar­tin se DNS is ook op die byl ge­vind.

Com­brink het na aan­lei­ding van die pro­se­du­res wat dié la­bo­ra­to­ri­um volg, ge­vra of die in­stel­ling ge­ak­kre­di­teer is.

Ot­to het er­ken die la­bo­ra­to­ri­um is nie ge­ak­kre­di­teer nie, maar “in­ge­vol­ge wet­ge­wing hoef dit nie ge­ak­kre­di­teer te wees nie”.

Ot­to het ver­dui­de­lik die SuidA­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Ak­kre­di­ta­sie­diens (Sa­nad) is die e­nig­ste lig­gaam wat hul­le kan ak­kre­di­teer.

Com­brink het Ot­to vroe­ër ge­vra wat ge­beur as ’n fout met die toet­se van mon­sters ont­staan.

Ot­to het ge­sê mon­sters sal dan weer ge­toets word.

Com­brink het Ot­to ge­vra of ’n mens “net die la­bo­ra­to­ri­um se woord neem as hy sê die toet­se is reg ge­doen” om­dat daar geen lig­gaam is wat toe­sig oor die la­bo­ra­to­ri­um se werk hou nie.

“Ek is net een van die men­se wat daar werk. Dit is die po­li­sie se top­struk­tuur wat om ak­kre­di­ta­sie aan­soek moet doen. Ek het geen i­dee hoe­kom dit nog nie ge­doen is nie.”

Sy het wel be­klem­toon hul­le werk vol­gens streng in­ter­na­si­o­na­le rig­ly­ne juis om­dat hul­le nie ge­ak­kre­di­teer is nie.

Die verhoor gaan mô­re voort.

Foto: ADRIAN DE KOCK

Hen­ri van B­re­da kom by die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad aan waar hy op aan­klag van moord verhoor word.

Foto: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.