Seks­saak: ‘Doen al­le ma’s dit?’ vra mei­sie

Beeld - - NUUS - Mi­ke van Rooy­en

“Hoe­kom is my ma nie lief vir my nie?” het ’n 11-ja­ri­ge mei­sie van Bloem­fon­tein wat glo deur haar ma vas­ge­druk is so­dat mans met haar seks kon hê, aan­hou­dend ge­vra na­dat sy uit haar ou­ers se sorg ge­neem is.

Die mei­sie se ma (36) het waar sy styf teen haar man (44) in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein ge­sit het, sag­gies ge­huil ter­wyl dié ge­tui­e­nis deur ’n maat­skap­li­ke wer­ker van En­go voor waar­ne­men­de reg­ter-pre­si­dent Cag­ney Mu­si ge­le­wer is.

“Doen al­le mam­mas dit? Kan sy my nie net lief­hê vir wat ek is nie?” het sy aan Le­a­na Bor­n­man van En­go ge­vra.

Bor­n­man het ge­tuig hoe die on­ver­sorg­de, vuil, ma­er en on­der­voe­de mei­sie en haar boe­tie (9) in Mei 2015 in een van En­go se jeug­s­org­sen­trums op­ge­neem is.

Die twee kinders se ou­ers, van die Bloem­spruit-hoe­wes, word daar­van aan­ge­kla dat hul­le tus­sen 2012 en 2015 hul kinders ver­waar­loos, aan­ge­rand, ver­krag en pro­beer ver­krag het en ook hul dog­ter­tjie ge­dwing het om met an­der mans seks te hê.

Die twee kinders moes ook toe­kyk hoe hul ma met hul pa en an­der mans seks ge­had het, be­weer die staat.

Al­bei ont­ken skuld op die 13 aan­klag­te teen hul­le.

Bor­n­man het ge­tuig die twee kinders het “ten spy­te van al­les wat hul­le deur­ge­gaan het hul ou­ers ver­ge­we”.

Hul­le wil aan­gaan met hul le­we. Hul­le wil wel hê hul ou­ers moet ge­straf word.

Sy het ge­tuig dit is twee ou­li­ke kinders wat met sti­mu­le­ring en lief­de ver sal kom. Al­bei het in die twee jaar in die jeug­s­org­sen­trum groot vor­de­ring ge­maak en gaan ook nou skool.

Die verhoor duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.