Drie leeus ver­gif­tig, ver­mink

Beeld - - NUUS - T­ha­ri­ne Hur­ter

Drie leeus wat die geen van wit leeus dra, is gis­ter in die vroeë og­gend­u­re op ’n plaas na­by Kroon­stad ver­gif­tig en twee se po­te en een se bek is af­ge­saag.

Die po­li­sie ver­moed die leeus is ver­gif­tig met al­di­karb (Te­mik), ook be­kend as Two S­tep.

“Dit is ’n slag­ting,” sê dr. Son­ja Vil­joen, me­die­se prak­ti­syn van Kroon­stad.

“Ek het my kinders so 07:15 skool toe ge­neem (van die plaas Lust­hof af). My seun het ge­sê die leeus lê net, maar ons het nie op­ge­merk dat hul­le al dood was nie.

“So­wat 15 minute la­ter het my wer­kers my in­ge­lig al drie leeus is dood en twee se po­te en bek­ke is af­ge­saag en af­ge­kap.”

Den­nis S­taal, Vil­joen se eks­man, sê die leeus is so­wat R60 000 werd. Hul­le het ’n ge­boor­te­de­fek ge­had. “Die leeu­mark het aan­sien­lik ver­swak. Dis hart­seer dat leeus nou op dié wy­se dood­ge­maak word.”

Hy meen die bek en po­te is vir die moe­tie­mark en uit­voer na C­hi­na be­stem. In die sluik­han­del word ’n leeu­poot vir R15 000 of meer ver­koop.

Vil­joen sê sy woon al 22 jaar op Lust­hof en daar is so­wat 18 jaar met leeus ge­boer. Dié drie­ja­ri­ge leeus is van die laas­tes wat hul­le oor­ge­hou het na­dat hul­le die leeu­boer­de­ry ge­staak het. Die leeus is met ’n bot­tel groot­ge­maak.

“Die drie kar­kas­se was teen 10:00 nog nie op­ge­blaas nie en die bloed nie ge­stol nie. Dit be­wys die leeus is be­slis in die vroeë og­gend­u­re dood­ge­maak,” sê sy.

Om die plaas­op­stal is gee­lek­tri­fi­seer­de hei­nings en leeu­kam­pe vol­gens na­tuur­be­wa­rings­re­gu­la­sies ge­bou.

Ao. Hen­ry G­reeff, on­der­soek­be­amp­te van die vee­dief­stal­een­heid in Heil­bron, sê ’n sil­wer skyn­sel kan soms ge­sien word in die bloed van die­re wat met al­di­karb ver­gif­tig is. Die­re wat dié gif in­kry, gaan bin­ne minute dood.

“Se­we leeus van ’n leeu­boer in die E­den­vil­le-dis­trik is ook on­langs ver­gif­tig. Daar is pro­beer om van hul lig­gaams­de­le te ver­wy­der, maar dié po­gings het mis­luk,” sê G­reeff.

’n Be­lo­ning is uit­ge­loof vir in­lig­ting wat lei tot die in­heg­te­nis­ne­ming en skul­dig­be­vin­ding van die mis­da­di­gers wat ver­ant­woor­de­lik is vir die ver­gif­ti­ging van die leeus, die han­del in lig­gaams­de­le van leeus en die­re­mis­han­de­ling.

Kapt. S­te­phen T­ha­keng, po­li­sie­woord­voer­der, sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

■ Men­se met in­lig­ting word ver­soek om G­reeff te bel by 058 853 5242 of 082 627 7577.

Foto: T­HA­RI­NE HUR­TER

Dié drie leeus is ver­moe­de­lik met al­di­karb (Te­mik), ook be­kend as Two S­tep, ver­gif­tig. Die­re wat dié gif in­kry, gaan bin­ne minute dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.