Ons sal ‘Bob’ en ‘A­li­ce’ fyn moet dop­hou

Beeld - - KOM­MEN­TAAR - Wil­helm Jor­daan

Nou praat Bob en A­li­ce nie meer met me­kaar nie! Nee, dis nie ’n glans­paar­tjie se uit­ra­fe­len­de ru­sie nie: Net twee ro­bot­te, Bob en A­li­ce, wat “snaaks” ge­raak het en toe in Fa­ce­book se na­vor­sing oor kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie (KI) die swye op­ge­lê is.

Bob en A­li­ce se op­drag was om met me­kaar te on­der­han­del. Soos om in men­se­taal te sê: “Ek sal jou die hoed gee, as jy my die bal gee.”

Die vlieg in die salf was toe Bob en A­li­ce ’n eie taal be­gin ge­bruik het waar­van die na­vor­sers nie kop of stert kon uit­maak nie. Toe gooi na­vor­sers hand­doek in en nou swyg Bob en A­li­ce. Vir eers . . .

Vir die­ge­ne wat be­kom­merd is dat die mens deur ma­sjie­ne met KI oor­ge­neem gaan word, is die Bob-en-A­li­ce-voor­val veel­seg­gend: Dit dui op die moont­lik­heid dat su­per­in­tel­li­gen­te KI­ap­pa­ra­tuur on­voor­sie­ne ge­drag be­gin toon wat moei­lik be­heer­baar en selfs tot ska­de van die mens en sa­me­le­wing bui­te be­heer kan raak.

Dié toe­drag van sa­ke word in die we­ten­skaps­fik­sie­reeks A

S­pa­ce O­dys­sey, wat in 1968 be­gin het, op

’n boei­en­de en on­heil­spel­len­de ma­nier ont­gin. So ook die

Ter­mi­na­tor-flieks, waar­in KI-ma­sjie­ne e­mo­sies be­leef soos woe­de, en wraak neem. So ook in Su­san G­reen­field se a­po­ka­lip­tie­se ro­man

2121 – A Ta­le from the Next Cen­tu­ry (2013). G­reen­field is ’n voor­aan­staan­de neu­ro­we­ten­skap­li­ke wat die “te­kens” lees.

Van­dag is “sag­te” KI on­af­skei­de­lik deel van die mens se be­staan. Met ’n hoë nut­waar­de, by­voor­beeld die spoed en ak­ku­raat­heid van be­paal­de in­ter­net­soek­funk­sies.

“Krag­ti­ge” KI word eg­ter be­oog waar­mee men­se nie sal kan mee­ding nie; waar ma­sjie­ne se su­per­in­tel­li­gen­te KI-be­slui­te die mens se deel­na­me las­tig en oor­bo­dig kan maak. Soos wat sjim­pan­sees van­dag van die mens vir oor­le­wing af­hank­lik is, sal die mens se be­staan dán van die doel­wit­te en be­slui­te van su­per­mens­li­ke KI-ma­sjie­ne af­hank­lik wees.

Ver­skeie kun­di­ges oor mens-ma­sjien-in­ter­ak­sie, soos by­voor­beeld Elon Musk, Bill Ga­tes en S­te­phen Ha­w­king, het be­den­kin­ge oor krag­ti­ge KI. Hul­le be­gryp die nut van KI, maar is be­kom­merd daar­oor of ge­noeg aan­dag aan mens­li­ke be­heer oor KI-ma­sjie­ne se ge­drag ge­gee word. Selfs som­mi­ge KI-na­vor­sers is be­kom­merd – so­wat 62% van hul­le re­ken dit is ’n be­lang­ri­ke tot ’n ma­ti­ge pro­bleem.

KI hou ge­vaar in. Dit kan deur ge­we­ten­lo­ses ge­pro­gram­meer word om dood te maak en te ver­nie­tig – só dat dié funk­sie moei­lik “af­ge­ska­kel” sal kan word. Soos wan­neer “Bob” en “A­li­ce” su­per­in­tel­li­gent sou raak. Nog ’n ge­vaar is dat KI ge­pro­gram­meer word om iets tot voor­deel van men­se te doen, maar in die uit­voe­ring daar­van ’n self­ge­pro­gram­meer­de ver­nie­ti­gen­de me­to­de ont­wik­kel om die doel te be­reik, of ’n “de­lu­sie” ge­mik op ’n ska­de­li­ke doel.

Hoe dit ook al sy: Vo­ren­toe sal “Bob” en “A­li­ce” in baie soor­te ge­daan­tes met die mens wees. En ons sal hul­le fyn moet dop­hou . . .

‘‘ Van­dag is ‘sag­te’ KI on­af­skei­de­lik deel van die mens se be­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.