Be­gin­sel­vas­te lei­ers is no­dig om dié ge­weld te stuit

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die reg moet so spoe­dig moont­lik sy be­loop neem teen M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, wat ’n vrou in ’n re­stau­rant ge­klap het. Hy be­hoort ook sum­mier af­ge­dank te word.

Die fel o­pen­ba­re re­ak­sie wat ge­volg het op dié voor­val is die een lig­punt­jie te mid­de van som­ber sy­fers wat dui op ’n op­draan­de s­tryd wat ge­voer word teen ge­weld teen vroue.

S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka het vroe­ër van­jaar sy de­mo­gra­fie­se ge­sond­heids­pei­ling be­kend ge­maak waar­lui­dens ge­mid­deld een uit el­ke vyf vroue ou­er as 18 al on­der fi­sie­ke ge­weld deur­ge­loop het, maar in die arm­ste huis­hou­dings styg dié sy­fer tot een uit el­ke drie vroue.

Vier uit el­ke tien ge­skei­de vroue was ook slag­of­fers van huis­hou­de­li­ke ge­weld. Ken­ners meen dat selfs dié skok­ken­de sy­fers ’n grow­we on­der­skat­ting van die werk­li­ke si­tu­a­sie is.

Dalk ver­klaar die hou­dings en op­tre­de teen­oor vroue van men­se wat ver­on­der­stel is om lei­ers te wees – men­se soos Ma­na­na – dié sy­fers ten de­le.

Dis ook be­gryp­lik dat Vrou­e­maand en die re­ge­ring se jaar­lik­se 16 dae van ak­ti­vis­me teen ge­weld teen vroue en kinders met ge­meng­de ge­voe­lens be­je­ën word. E­ner­syds sou daar min­der be­wust­heid van dié be­lang­ri­ke saak wees as hier­die veld­tog­te nie ook deur die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring er­ken is nie. An­der­syds is dit dui­de­lik dat die veld­tog ho­pe­loos on­toe­rei­kend is.

’n Gel­di­ge vraag is of Vrou­e­maand en die 16 dae nie net on­be­doel­de dek­man­tels vir 11 maan­de of 349 dae van a­pa­tie is nie, ve­ral as jy kyk na die op­tre­de van ’n re­ge­rings­ver­teen­woor­di­ger soos Ma­na­na. Te dik­wels skep sul­ke veld­tog­te die ge­leent­heid vir po­li­ti­ci om han­de­wrin­gen­de toe­spra­ke te le­wer ter­wyl te min aan­dag aan ske­we mags­ver­hou­dings tus­sen mans en vroue ge­gee word.

Só het ons selfs ’n pre­si­dent wat nie hui­wer om sy meer­der­waar­dig­heid teen­oor vroue en ’n diep­ge­wor­tel­de pa­tri­ar­ga­le hou­ding te wys nie, en ’n ANC-vrou­e­li­ga wat hom des­on­danks son­der om te blik of te bloos bly on­der­steun.

Dat dit die­self­de pre­si­dent en die­self­de vrou­e­li­ga is wat Ma­na­na se op­tre­de nou ver­oor­deel, laat dié by­drae hol klink in ’n saak wat meer be­gin­sel­vas­te lei­ers no­dig het en min­der men­se wat bloot lip­pe­diens aan vrou­e­reg­te be­toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.