Dié Pro­te­as ver­dien nie hul geld

Beeld - - KOMMENTAAR -

Dit was snaaks om die Pro­te­as se pa­te­tie­se po­gings op die En­gel­se toer te aan­skou.

Wat ’n mens nie kan weg­re­de­neer nie, is dat ’n spe­ler op in­ter­na­si­o­na­le stan­daard moet wees om op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog te pres­teer. Daar is som­mi­ge spe­lers in die span wat be­swaar­lik op pro­vin­si­a­le stan­daard is; wat nog te sê aan die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog bloot­ge­stel word? Ver­dui­de­lik die keu­se van ’n 34-ja­ri­ge o­pe­nings­kol­wer, ’n “snel­bou­ler” van wie geen mens nog ge­hoor het nie, die weg­la­ting van Im­ran Ta­hir, die nr. 7-kol­wer wat hom nog nooit werk­lik be­wys het nie, ’n oor­skat­te links­bou­ler wat nog nooit op in­ter­na­si­o­na­le stan­daard was nie, en­so­meer.

Tem­ba Ba­vu­ma, Hashim Am­la, Kes­hav Ma­ha­raj en Mor­né Mor­kel kan met eer uit die reeks tree. Die res, te­sa­me met die af­rig­ter, is ’n skan­de vir SA sport en be­hoort nie ’n sent vir hul swak “werk” te ver­dien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.