Hou my vas, kor­po­raal

Twee lied­jies wat nie kom­mer­si­eel suk­ses­vol was nie, het in die 1980’s die weg vir die ver­set teen diens­plig en die re­bel­se Vo­ël­vry­mu­siek­be­we­ging ge­baan, skryf S­chalk van der Mer­we in dié ge­re­di­geer­de uit­trek­sel uit sy boek oor po­pu­lê­re A­fri­kaan­se mu­siek

Beeld - - MIDDELBLAD -

Ver­plig­te mi­li­tê­re diens vir al­le Suid-A­fri­kaan­se mans ou­er as 16 jaar is in 1967 in­ge­stel. In die daar­op­vol­gen­de twee de­ka­des het die land al hoe die­per be­trok­ke ge­raak by die G­rens­oor­log op die Na­mi­bies/An­go­le­se grens.

Die ver­naam­ste teen­stan­ders in die oor­log was die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag (SAW) en die South West A­fri­can Pe­op­le’s Or­ga­ni­sa­ti­on (S­wa­po). On­der die krag­da­di­ge pres. PW Bo­tha het die mi­li­tê­re ge­meen­skap ’n al hoe gro­ter rol in Suid-A­fri­ka ge­speel.

Die ge­lyk­ty­di­ge mi­li­ta­ri­se­ring van die wit Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap en die wit, ge­mi­li­ta­ri­seer­de, man­li­ke i­den­ti­teit wat ge­skep is, was be­lang­ri­ke krag­te in die sa­me­le­wing.

Dit het eg­ter met­ter­tyd al hoe on­ge­wil­der ge­word en ’n ma­te van teen­stand van Suid-A­fri­ka se wit sa­me­le­wing ge­kry.

Dié teen­stand het ge­dui op wy­er me­nings­ver­skil­le en teen­stand teen a­part­heid in ve­ral die po­pu­lê­re kul­tuur.

En­gel­se rock­groe­pe soos B­rig­ht Blue, die Ka­la­ha­ri Sur­fers en die C­her­ry Fa­ced Lur­chers, as­ook so­lo­mu­si­kan­te soos Ro­ger Lu­cey, was o­pen­lik ge­kant teen a­part­heid en ver­plig­te mi­li­tê­re diens.

Hul­le het gereeld on­der die ba­nier van die End Con­scrip­ti­on Cam­paign (ECC), ’n druk­groep wat in 1983 ge­stig is om ’n ein­de aan diens­plig te pro­beer maak, op­ge­tree.

Sul­ke op­tre­des was hoogs ge­po­li­ti­seerd en het ’n taam­li­ke ri­si­ko vir die mu­si­kan­te in­ge­hou.

Kul­tuur­steun vir die oor­log

In teen­stel­ling daar­mee was steun vir die oor­logspo­ging aan die po­pu­lê­re kul­tuur­front (mu­siek, rol­pren­te en li­te­ra­tuur as pro­pa­gan­da) al­ge­meen.

Ver­skeie pro-oor­lo­g­lied­jies in En­gels en A­fri­kaans is uit­ge­reik.

On­der die A­fri­kaan­se lied­jies het twee van die ge­wild­ste A­fri­kaan­se san­gers nog ge­tel: Gé Kor­sten se “Huis­toe” en B­les B­rid­ges se “On­be­ken­de weer­mag­man”.

Dit was op­merk­lik dat som­mi­ge En­gel­se groe­pe o­pen­lik teen die weer­mag, die oor­log en a­part­heid ge­kant was, maar dat A­fri­kaan­se mu­siek feit­lik heel­te­mal in­skik­lik daar­oor was.

Pro­tes on­der A­fri­ka­ners was steeds vreemd, hoe­wel daar se­ke­re uit­son­de­rings was.

In 1983 het twee A­fri­kaan­se lied­jies ’n be­spot­ting ge­maak van die weer­mag­er­va­ring in ’n tyd toe die teen­kan­ting teen diens­plig be­sig was om ge­lei­de­lik toe te neem.

Ber­nol­dus Nie­mand (die al­ter­na­tie­we per­so­na van die En­gel­se mu­si­kant Ja­mes P­hil­lips) het sy lied­jie “Hou my vas, kor­po­raal” uit­ge­reik en die rock­groep Wil­de­beest se al­bum Ho­rings op die stoep het die lied­jie “Bos­sies” be­vat.

“Bos­sies” het in die om­gangs­taal ver­wys na pos­t­trau­ma­tie­se stres ná ’n ge­veg.

Die feit dat dit A­fri­kaan­se lied­jies was, het die ver­brok­ke­ling van A­fri­ka­ner­een­heid pyn­lik dui­de­lik ge­maak.

Dit was be­te­ke­nis­vol. A­fri­ka­ners as ’n groep het waar­skyn­lik meer in die a­part­heid­stel­sel be­lê as hul wit En­gel­se land­ge­no­te.

Die twee lied­jies was nie kom­mer­si­eel suk­ses­vol nie, maar was tog voor­beel­de van vroeë A­fri­kaan­se mu­siek wat die ge­voel van ’n groot groep troe­pe weer­spie­ël het.

Mu­si­kan­te soos Wil­de­beest en Ber­nol­dus Nie­mand was ver­teen­woor­di­gers van ’n nie-kom­mer­si­ë­le sub­ka­te­go­rie van kuns­te­naars wat min of geen hoof­stroom­bloot­stel­ling ge­kry het.

Dit was in teen­stel­ling met die “Mu­siek-en-Li­riek”-be­we­ging, wat die steun van hoof­stroom­te­le­vi­sie en staats­on­der­steun­de kuns­or­ga­ni­sa­sies ge­had het.

Vry soos ’n vo­ël

“Hou my vas, kor­po­raal” is in Fe­bru­a­rie 1985 op­ge­volg met die al­bum Wie is Ber­nol­dus Nie­mand? Dit was die eer­ste al­bum van sy aard met sy waar­ne­mings en sa­ti­re in die re­bel­le­taal van ruk en rol.

“Hou my vas, kor­po­raal” was die nie-amp­te­li­ke vlag­lied van die be­we­ging teen diens­plig.

Voor­dat hy Nie­mand ge­word het, was P­hil­lips lid van ’n En­gel­se groep ge­naamd Cor­po­ral Pu­nishment, wat in sy tuis­dorp, S­prings, ’n myn­dorp aan die Oos-Rand, ont­staan het.

Dit was in die laat 1970’s ’n broei­plek vir an­ti-es­ta­blishment­mu­siek wat op punk ge­grond was. Cor­po­ral Pu­nishment se lied­jies het by­ten­de po­li­tie­ke en maat­skap­li­ke kom­men­taar be­vat.

Dit is sti­lis­ties deur B­rit­se punk van die 1970’s be­ïn­vloed is, maar Suid-A­fri­kaan­se punk­groe­pe kon nie aan­spraak maak op die­self­de ver­bin­te­nis met die wer­kers­klas nie. In die plaas­li­ke kon­teks het hul ras hul­le be­voor­reg ge­maak.

P­hil­lips het die ei­en­skap­pe van S­prings se wer­kers­klas- wit men­se, wat hy on­ge­twy­feld waar­ge­neem het, in sy lied­jies ver­weef.

Baie be­skou die al­bum as die be­gin van die A­fri­kaan­se “new wa­ve”, wat sy kli­maks op die Vo­ël­vry-toer van 1989 be­reik het.

Die Vo­ël­vry-toer was ’n soort an­ti-a­part­heids­op­stand: af­val­li­ge rock­mu­si­kan­te wat land­wyd op kam­pus­se op­ge­tree het.

Dit was nie ’n ver­ras­sing dat Wie is Ber­nol­dus Nie­mand? deur die SAUK ver­bied is nie.

Sa­ti­re oor die weer­mag­er­va­ring – waar­mee so baie jong wit SuidA­fri­ka­ners kon i­den­ti­fi­seer – het la­ter ’n ge­reel­de te­ma vir Vo­ël­vry­mu­si­kan­te ge­word.

Die mu­siek van die an­der in die Vo­ël­vry-be­we­ging, Koos Kom­buis en Jo­han­nes Ker­kor­rel, het la­ter ge­spot met die saai be­staan van voor­ste­de­li­ke mid­del­klas-A­fri­ka­ners – uit die po­si­sie van re­bel­se mid­del­klas-A­fri­ka­ners.

Maar die wit wer­kers­klas­ka­rak­ter van P­hil­lips se mu­siek was on­der­my­ning van ’n an­der aard om­dat die A­fri­kaan­se wer­kers­klas ge­neig was om reg­se po­li­tie­ke par­tye te steun.

Hoe­wel Nie­mand se in­vloed op Vo­ël­vry de­bat­teer­baar was (soos Pat Hop­kins te ken­ne gee in sy boek Vo­ël­vry), bly dit baie aan­gry­pen­de kom­men­taar op wit diens­plig in die a­part­heids­tyd. Wil­de­beest was op sy eie ma­nier e­nig­ma­ties. Die bas­ki­taar­spe­ler, Piet Bo­tha, by­voor­beeld, was die des­tyd­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, Pik Bo­tha, se seun.

Dié groep sal ont­hou word vir ’n vreem­de ver­sky­ning op die ou­der­wet­se A­fri­kaan­se TV-kin­der­pro­gram Kraai­nes in 1981.

Met hul lang ha­re en on­der­my­nen­de mi­li­tê­re ka­kie-uit­rus­tings het Wil­de­beest ra­se­rig op tra­di­si­o­ne­le A­fri­ka-trom­me ge­slaan en swaar psi­ge­de­lie­se rock­mu­siek ge­maak. Psi­ge­de­lie­se rock was dus dank­sy Wil­de­beest op ’n A­fri­kaan­se kin­der­pro­gram op TV ge­sien.

Die lied­jies is al­mal ge­kom­po­neer deur die trom­spe­ler Co­lin Prat­ley, vir wie A­fri­kaans, nes vir Ja­mes P­hil­lips, nie sy moe­der­taal was nie. Wil­de­beest is deur A­fri­ka-gen­res en rock­mu­siek be­ïn­vloed en het ’n groot ver­skei­den­heid in­heem­se in­stru­men­te ge­bruik ter­wyl daar soms in A­fri­kaans ge­sing is.

Al vier die lied­jies op Ho­rings op die stoep was in A­fri­kaans.

Wil­de­beest is eg­ter nie soos P­hil­lips as deel van die for­me­le teen­stand teen mi­li­tê­re diens­plig ge­sien nie.

Ge­ge­we die maat­skap­lik-po­li­tie­ke at­mos­feer van die vroeë 1980’s was lied­jies soos “Hou my vas, kor­po­raal” en “Bos­sies” be­te­ke­nis­vol. Al­bei lied­jies het ge­raak aan die sen­si­tie­we en re­a­lis­tie­se as­pek­te van ’n ge­deel­de er­va­ring van baie wit Suid-A­fri­kaan­se mans wat se­dert 1967 mi­li­tê­re diens­plig moes doen.

Dit was in sterk teen­stel­ling met die ver­skeie A­fri­kaan­se lied­jies wat mi­li­tê­re diens­plig ge­steun en dit uit­ge­beeld het as die pa­tri­o­tie­se plig van jong, wit Suid-A­fri­kaan­se mans.

Lied­jies soos “Hou my vas, kor­po­raal” en “Bos­sies” het ge­rym met die wy­er kra­ke in die A­fri­ka­ner­ge­meen­skap ter­wyl die a­part­heids­re­gi­me sy hou­vas op mag be­gin ver­loor het. Hul­le is ve­ral be­te­ke­nis­vol om­dat hul­le al­ter­na­tie­we in­ter­pre­ta­sies ge­bied het van die weer­mag­er­va­ring, en die man­li­ke, wit A­fri­ka­ne­ri­den­ti­teit, wat in veel wy­er maat­skap­lik-po­li­tie­ke ver­skui­wings weer­klink het.

Van der Mer­we is ’n do­sent in ge­skie­de­nis aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Sy boek, On Re­cord: Po­pu­lar A­fri­kaans Mu­sic & So­cie­ty, 19002017, word deur A­fri­can Sun Me­dia uit­ge­gee word. Dié stuk het oor­spronk­lik op www.the­con­ver­sa­ti­on. com ver­skyn.

Piet Bo­tha was lid van die groep Wil­de­beest, wat die lied­jie “Bos­sies” ge­sing het. A­fri­kaan­se psi­ge­de­lie­se rock

Foto: ARGIEF

Die om­slag van Ber­nol­dus Nie­mand (Ja­mes P­hil­lips) se al­bum wat die lied­jie “Hou my vas, kor­po­raal” be­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.