Goeie Nuus

Moe­nie die dood vrees

Beeld - - MIDDELBLAD - – S­te­phan Jou­bert

By­kans al­le ge­lo­wi­ges glo in die e­wi­ge le­we, maar dit lyk nie of al­mal ewe veel uit­sien om te gaan nie.

Hoe­kom is ons so bang vir die dood dat ons dik­wels nie eens ons eie ge­lief­des kan toe­laat om in vre­de te sterf nie?

Te veel gods­diens­ti­ges pro­beer selfs nog by ’n sterf­bed men­se te­rug­bid die le­we in.

Is dit reg­tig die groot­ste won­der­werk wat die He­re kan doen om ons so lank as moont­lik van die dood te be­waar? Nee, hoe­ge­naamd nie. Ons al­mal moet die een of an­der tyd sterf.

Ons hoop is daar­om hier en nou op Chris­tus, maar ook daar as die dood wink. Pau­lus se woor­de in Rom. 14 roep ons op om nie net vir die He­re leef nie, maar om ook vir Hom te sterf.

Chris­tus het die an­gel uit die dood ge­haal. Dit het lank­al nie meer die fi­na­le sê nie.

Daar­om kan ons in vre­de saam met God leef. Daar­om is ons ook nie meer dood­bang vir die dood nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.