Zu­ma kry steun én teen­stand

BETOGINGS

Beeld - - NUUS - Lim­po­po:

Suid­A­fri­ka­ners het gis­ter in hul tien­dui­sen­de op­ge­ruk om hul steun toe te sê vir (en hier en daar ook teen) die wantrouemosie wat deur die DA in pres. Ja­cob Zu­ma by die par­le­ment in­ge­dien is en wat gis­ter ge­dien het.

Kaap­stad:

In een van moont­lik net twee op­tog­te land­wyd ten guns­te daar­van dat die wantrouemosie in pres. Ja­cob Zu­ma ver­slaan moet word, het so­wat 5 000 ANCon­der­steu­ners en­ke­le ure voor die de­bat in Kaap­stad saam­ge­trek, be­rig Ja­son Fe­lix.

Xo­la­ni So­tashe, ANC-voor­sit­ter in Kaap­stad, het ge­sê hul­le gaan hul­le teen die op­po­si­sie­par­tye ver­de­dig. “Hul­le pro­beer die land oor­neem. Ons gaan dit nie toe­laat nie. Die ANC het die mag en dit is hoe dit is.”

N­ja­bu­lo N­zu­za, se­kre­ta­ris van die ANC-jeug­li­ga, het ge­sê die ANC kan nie deur die DA be­heer word nie.

“Die ANC is ’n he­le brood en die DA is een sny daar­van. Ons kan nie dat een sny brood die he­le brood laat val nie,” het hy ge­sê.

Die an­der ANC-op­tog was in die K­waDu­ku­za-streek aan die K­waZu­lu-Na­tal­se noord­kus, waar ANC-on­der­steu­ners in groot ge­tal­le op­ge­daag het ter on­der­steu­ning van Zu­ma.

In Kaap­stad het lei­ers van op­po­si­sie­par­tye saam met dui­sen­de Ka­pe­naars teen Zu­ma be­toog, be­rig IOL.

“Ons moet kyk na die drei­ge­men­te teen ons land. Die een wat ons land in ’n pie­sang­re­pu­bliek ver­an­der, wat die land leeg laat steel – vir ’n goed­koop bord ker­rie,” het Z­we­lin­zi­ma Va­vi, lei­er van die vak­ver­bond Saf­tu, aan be­to­gers ge­sê.

N­qa­ba­yom­zi K­wank­wa, UDMLP, het ge­sê daar moet ge­dink word oor Suid-A­fri­ka se pad vo­ren­toe.

“Die men­se wat van­dag (gis­ter) hier is, is dié wat die Grond­wet moet be­skerm en in stand moet hou,” het hy ge­sê.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, het op­po­si­sie­par­tye be­dank dat hul­le hul ver­skil­le op­sy ge­skuif het.

“Die land be­hoort nie aan Ja­cob Zu­ma en sy ka­bi­net nie, dit be­hoort aan ons. Ons al­mal moet dis­si­pli­ne en self­be­heer­sing aan die dag lê van­dag. Laat ons van­dag ge­dul­dig wees met me­kaar; luis­ter na jul lei­ers. Moe­nie eens kwaad raak vir die­ge­ne wat Zu­ma van­dag kom on­der­steun nie,” het Ma­le­ma ge­sê.

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-lei­er, het ge­sê wan­neer hul­le gaan stem, gaan hul­le nie dink aan hul pro­vin­sies nie, maar aan al­le Suid-A­fri­ka­ners.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, het ge­sê: “Ons is hier om te bly, maar jy, jy moet gaan. Die men­se moet die pre­si­dent ver­kies, nie die po­li­tie­ke par­ty nie. Zu­ma, jy moet gaan, jy moet gaan! Jou tyd is ver­by!”

Sip­ho Pi­ty­a­na van Sa­ve South A­fri­ca (Sa­veSA) het ge­sê die land is op ’n ramp­spoe­di­ge pad.

“Ons vra weer aan die LP’s: Gaan ver­teen­woor­dig ons in die par­le­ment.

“Ons land is op pad om ver­woes te word en dis die skuld van een mens.

“Hoe­kom laat ons dit toe? Zu­ma, gaan asseblief, so­dat ons kan vry wees.”

Gau­teng:

Gau­ten­gers het gis­ter­og­gend vroeg reeds be­gin be­toog ten guns­te van die wantrouemosie, be­rig Je­a­nel­le G­rey­ling.

Hoof­supt. Way­ne Min­naar, woord­voer­der van die Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie, het vroeg reeds ge­sê dat “baie, baie stra­te deur be­to­gers af­ge­sper is”.

Die woon­buur­te waar be­toog is, is on­der meer Turf­fon­tein, Ro­set­ten­vil­le, Booy­sens en Nas­rec in die sui­de van Jo­han­nes­burg, as­ook in Pro­tea G­len, Bram Fis­cher­vil­le, C­hi­a­we­lo en Dob­son­vil­le in So­we­to.

Daar was vroeg ook reeds betogings in A­lex­an­dra, Diep­kloof, Braam­fon­tein en Hil­l­brow, as­ook in Zand­spruit, Ho­ney­dew en Flo­ri­da, Et­wat­wa in Be­no­ni, Tem­bi­sa bui­te Kemp­ton Park en I­vo­ry Park in Mid­rand, O­lie­ven­hout­bosch in Cen­tu­ri­on en Ma­me­lo­di en At­te­rid­ge­vil­le in Pretoria.

Die Goue Hoof­weg en Bey­ers Nau­déry­laan was ook ’n ruk lank heel­te­mal ver­sper, sê Min­naar.

Ed­na Ma­mo­ny­a­ne, me­tro­po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê hul­le het ’n bak­kie voor­ge­keer wat ver­skil­len­de ge­bie­de met bran­den­de mo­tor­ban­de af­ge­sper het.

“Maar in die al­ge­meen was die betogings nie ge­weld­da­dig nie.” Po­lo­kwa­ne se sa­ke­kern was gis­ter­og­gend ook ’n see van rooi toe die EFF daar ’n op­tog ge­hou het.

Tal­le po­li­sie­le­de is in die stad ont­plooi.

On­der­steu­ners het plak­ka­te rond­ge­swaai waar­op Ba­le­ka M­be­te, spea­ker, be­dank is vir die be­sluit om ’n ge­hei­me stem­ming toe te laat.

Die EFF het gis­ter ook in Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) en in Bur­gers­fort op­tog­te ge­hou.

Die DA in Lim­po­po was gis­ter in Mo­le­tjie, bui­te Po­lo­kwa­ne, waar hy men­se be­y­wer het om aan ’n op­tog teen Zu­ma deel te neem.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er, het ná 12:00 ’n ver­ga­de­ring met die ge­meen­skap in Ga-Ramp­he­le toe­ge­spreek.

Die wan­trou­e­mo­sie­de­bat is reg­streeks by die K­go­la­ne- al­ge­me­ne han­de­laar in Ga-Ramp­he­le uit­ge­saai.

Vry­staat:

“Die land moet ge­red word uit Zu­ma en die Gup­tas se kloue wie se ten­ta­kels in el­ke denk­ba­re be­dryf in­ge­wurm is. SuidA­fri­ka moet daar­van skoon­ge­maak word.”

So het Ja­mes Le­tu­ka, DA-lid van die Vry­staat­se wet­ge­wer en hoof van die X­ha­riep-kies­af­de­ling vir die par­ty, gis­ter in Bloem­fon­tein ge­sê waar DA-le­de saam­ge­trek het, be­rig Ma­rie­tjie

Ge­ric­ke.

“Die land se staat­skuld is af­ge­gra­deer tot rom­mel­sta­tus, ’n e­ko­no­mie­se re­ses­sie heers en jeug­di­ges kan nie werk kry nie. Die wê­reld ver­trou Suid-A­fri­ka nie meer nie. Daar­om is daar geen keu­se nie as om die mo­sie van wan­troue in Zu­ma te on­der­steun nie,” het hy ge­sê. Groot skerms is op die sy­paad­jie ge­plaas waar die ge­beu­re in die par­le­ment ge­volg is.

Meer as 100 EFF-le­de het in Bloem­fon­tein ’n op­tog ge­hou ge­lei deur K­got­so Mo­ra­pe­la, Vry­staat­se lei­er van die EFF.

Sy bood­skap was dat Zu­ma ’n rooi kaart ver­dien. “Die nom­me­reen-dief van die land moet gaan. Hy is kor­rup en moet ver­wy­der word.”

Foto: DEAAN VIVIER

Gau­teng: EFF­le­de gis­ter op Kerk­plein in Pretoria.

Foto: JACO MARAIS

Kaap­stad: On­der­steu­ners van Zu­ma be­toog in die mid­de­stad.

Foto: RUDZANI TSHIKORORO

Lim­po­po: EFF­on­der­steu­ners be­toog in Po­lo­kwa­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.