Kuns­te­naars in pyl­vak

40 ding nou mee om prys

Beeld - - KUNS & VERMAAK - La­e­ti­tia Pop­le

Be­ken­de en min­der be­ken­de na­me is on­der die top-40-fi­na­lis­te vir die ge­sog­te San­lam­por­tret­prys.

Die portretprys, wat el­ke twee jaar toe­ge­ken word, sluit ’n kon­tant­be­drag van R100 000 vir die wen­ner in. Die wen­ner word op 24 Au­gus­tus by ’n ge­sel­lig­heid in die ga­le­ry Rus­ten-Vre­de in Durbanville be­kend ge­maak.

Kuns­te­naars dien hul wer­ke on­ge­te­ken in.

In­ge­sluit in die ge­ko­se 40 wer­ke is twee wer­ke elk deur die kuns­te­naars E­li­ze Be­zui­den­hout en Ka­te Art­hur. Be­ken­der na­me op die lys, wat ook voor­heen on­der die top-40 was, is Ju­ria le Roux en Ian Gro­se.

As die wen­werk in o­lie of a­kriel op doek of bord is, word dit ook in­ge­skryf vir die BP Por­trait A­ward wat vol­gen­de jaar in Lon­den aan­ge­bied word.

Dit is waar­skyn­lik dié pres­ti­ge­ryk­ste prys ter wê­reld vir por­tret­kuns. Die Suid-A­fri­ka­ner Paul Ems­ley, wat tans in B­rit­tan­je woon, het die prys in 2007 ge­wen.

Die Sanlam-portretprys word deur die ga­le­ry Rust-enV­re­de in Durbanville ge­ad­mi­nis­treer.

S­te­fan Hundt, ku­ra­tor van die Sanlam-kuns­ver­sa­me­ling, neem die top-40-wer­ke op ’n toer na ver­skeie mu­seums en ga­le­rye in Suid A­fri­ka. Daar­na sal dit van 24 Au­gus­tus tot 27 Ok­to­ber in die ga­le­ry ten toon ge­stel word.

Die wer­ke word ook in ’n ka­ta­lo­gus ge­pu­bli­seer. Boon­op word ’n ky­kers­keu­se uit die top-40 saam­ge­stel.

Kuns­te­naars in die top-40 kry ook die ge­leent­heid om hul werk in die ga­le­ry by Rust-en-Vre­de ten toon te stel.

Al­te­saam 60 van die ge­se­lek­teer­de wer­ke word ook in die kuns­saal van die Mi­cha­e­lis­kuns­skool uit­ge­stal.

Die kom­pe­ti­sie is oop vir kuns­te­naars ou­er as 18.

In 2015 is die prys deur die Kaap­se kuns­te­naar John Pa­ce ge­wen.

Van­jaar se be­oor­de­laars is Pe­ter Monk­man, kuns­te­naar en op­voe­der, N­ku­le Ma­ba­so, ku­ra­tor en kuns­te­naar, en Carl Jep­pe, kuns­te­naar en kuns­do­sent ver­bon­de aan die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie.

Foto’s van die por­tret­te mag nie uit­ge­reik word voor­dat die wen­ner be­kend ge­maak is nie.

John Pa­ce, wen­ner in 2015 van die Sanlam­portretprys met sy wen­por­tret in die ag­ter­grond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.