Dié so­fis­ti­ka­sie laat jou ver­lang na vo­ri­ge ge­voel

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Da­nie Marais Byklan­ke

Ar­ca­de Fi­re – E­ver­y­thing Now (* * *)

“She dre­ams a­bout dying all the ti­me / She told me she ca­me so c­lo­se / Fil­led up the bat­htub and put on our first re­cord.”

Só sing Ar­ca­de Fi­re se hoof­sweep Win But­ler in “C­re­a­tu­re Com­fort” – een van die bes­te lied­jies op díe Ka­na­de­se hel­de van in­die-rock se he­laas te­leur­stel­len­de vyf­de al­bum, E­ver­y­thing Now.

Hul jong­ste is wê­reld­wyd koor­sig af­ge­wag, want Ar­ca­de Fi­re het se­dert hul fe­no­me­na­le de­buut, Fu­ne­ral (2004), mu­siek ge­maak wat vuur, me­lo­dra­ma, gra­vi­tas en troos ge­gee het aan die klank­baan van me­ni­ge saai le­we.

Dat ’n vrou wat lus is om ’n laas­te keer in ’n warm bad te klim Fu­ne­ral sal speel, is dus heel ge­loof­waar­dig. “Neig­hbour­hood #1 (Tun­nels)”, die eer­ste snit op daar­die plaat, het jou hart soos ’n slee ag­ter ’n pak hus­kies deur ’n wil­de sneeu­land ge­sleep. Oeg, en die stil-stil ver­plet­te­ren­de “Neig­hbour­hood #4 (7 Kett­les)”: “All the neig­hbors are star­ting up a fi­re / Bur­ning all the old folks, the wit­ches and the li­ars / My ey­es are co­ve­r­ed by the hands of my un­born kids / But my he­art keeps wa­t­ching through the skin of my ey­e­lids.”

Ek kan my eg­ter nie voor­stel dat e­nig­ie­mand met E­ver­y­thing Now in daar­die bad sal klim nie. Daar­voor is hul nu­we­ling te self­be­wus met sti­lis­tie­se eks­pe­ri­men­te en groot stel­lings.

Hul jong­ste is in ver­skeie op­sig­te ’n voort­set­ting van sy meer ge­slaag­de voor­gan­ger, Re­flek­tor (2013), waar die groep in sa­me­wer­king met Ja­mes Murp­hy van LCD Soundsy­stem met dans­baan-rock be­gin speel het. In die do­de­lik aan­steek­li­ke ti­tel­snit staan dis­ko-klan­ke uit ’n pa­ral­lel­le ’70’s in i­ro­nie­se kon­tras tot die ver­brui­kers­kul­tuur-kri­tie­se li­rie­ke: “E­very song that I’ve e­ver he­ard / Is playing at the sa­me ti­me, it’s ab­surd / And it re­minds me, we’ve got e­ver­y­thing now […] I can’t li­ve wit­hout (E­ver­y­thing now!) (E­ver­y­thing now!) ’Til e­very room in my hou­se is fil­led with shit I couldn’t li­ve wit­hout.”

Daar­die stel­ling word in­druk­wek­kend on­der­steun deur ’n dis­to­pie­se vi­deo wat gro­ten­deels in Suid-A­fri­ka ge­skiet is. Maar wil jy reg­tig op die maat van ’n oor­wurm wat sterk aan Ab­ba her­in­ner, treur oor die vraat­sug­ti­ge, ho­pe­loos oor­ver­sa­dig­de he­de?

Ek won­der nog daar­oor, maar wat wel ’n feit soos ’n dan­sen­de koei is, is dat jy die bes­te lied­jies op E­ver­y­thing Now op jou foon wil hê en hard in die mo­tor wil speel.

“Put Your Mo­ney on Me” is al­ter­na­tie­we Ab­ba wat aan jou hart vat en jou voe­te laat jeuk; die fun­ky e­lek­tro-soul van “Good God Damn” is siel­vol, sexy en smag­tend. En op die lief­li­ke laas­te snit, “We Don’t De­ser­ve Lo­ve”, ont­hou jy dat nie­mand groot hart-op-die-mou-e­le­gieë kan aan­hef soos die Fi­re nie.

Ná ’n paar keer se luis­ter brand jy dus om vir dié groep te sê: Nog ’n keer met ge­voel – daar­die groot ge­meng­de ge­voel wat jul­le ons al­tyd ge­gee het; die ge­voel dat hier­die le­we ver­skrik­lik en mooi en on­draag­lik kos­baar is, want Ar­ca­de Fi­re op hul bes­te kry dit reg om jou te laat voel dat hoe jy voel, iets be­te­ken. Hul jong­ste laat jou eg­ter met ver­skeie snit­te in die mid­del so koud dog oor­ge­sti­mu­leer soos die me­di­a­mal era wat dit kri­ti­seer.

“In­fi­ni­te con­tent / We’re in­fi­ni­te­ly con­tent,” kla But­ler in “In­fi­ni­te Con­tent”, maar jy weet dit en die mu­siek maak jou nie lus om daar­die bood­skap weer te hoor nie.

Waar Ar­ca­de Fi­re nog al­tyd by­na fa­na­ties gein­spi­reerd ge­klink het, kom hul­le op E­ver­y­thing Now gro­ten­deels be­re­kend ge­so­fis­ti­keerd voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.