Vroue en af­tre­de: Voor­kom só ’n skok

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Han­lie S­tad­ler

Vroue is baie goed met die daag­lik­se be­plan­ning van hul en hul ge­sin se geld­sa­ke, maar skram nog weg van be­slui­te oor hul af­tre­de.

Dit be­te­ken die mees­te SuidA­fri­kaan­se vroue gaan ’n e­nor­me skok kry ná hul af­tre­de ten­sy hul­le hul af­tree­plan drin­gend in o­ën­skou neem.

Vir ge­trou­de vroue is die pro­bleem dat baie steeds re­ken hul man se af­tree­plan sal vol­doen­de wees.

Die af­treefir­ma Just se na­vor­sing dui daar­op dat vroue se le­wens­ver­wag­ting tot vier jaar lan­ger is as mans s’n, en dat vroue boon­op met mans trou wat ge­mid­deld drie tot vier jaar ou­er is. Dit be­te­ken dat vroue ge­mid­deld tot agt jaar lan­ger op die af­trees­paar­geld moet oor­leef – en daar is sel­de voor­sie­ning ge­maak daar­voor.

“Nie net kan vroue ver­wag om al­leen oud te word nie, die mees­te se geld sal ook op­raak voor­dat hul­le sterf,” waar­sku De­a­ne Moo­re, uit­voe­ren­de hoof van Just.

Die dood is na­tuur­lik nie die e­nig­ste fi­nan­si­ë­le te­rug­slag wat vroue met hul af­tree­geld kan er­vaar nie. Egskei­ding kan ’n ge­voe­li­ge knou vir al­bei par­tye se af­tree­be­plan­ning wees, maar vroue is ve­ral kwes­baar.

Ma­de­lein Marais, regs­ad­vi­seur by Old Mu­tu­al, sê ge­ge­we Suid-A­fri­ka se hoë eg­skei­dings­koers kan vroue nie net op ’n le­wens­maat staat­maak vir fi­nan­si­ë­le vei­lig­heid nie.

Die sy­fers toon vroue dink glad nie dat die erg­ste met hul­le kan ge­beur nie. Net 10% dink by­voor­beeld daar­aan dat hul af­tree­plan deur die dood of egskei­ding ge­raak kan word en net 55% van vroue (teen­oor 72% van mans) het hoe­ge­naamd ’n i­dee wat die tei­ken­be­drag is wat hul­le vir af­tre­de no­dig het, vol­gens Sanlam se na­vor­sing.

Mel­lo­ny Ra­mal­ho, hoof van A­fri­can Bank se ver­ko­pe, sê dis be­moe­di­gend hoe vroue be­heer neem van hul skuld en spaar­geld, maar laat hul lang­ter­myn­fi­nan­si­ë­le sa­ke soos af­tree­be­plan­ning en be­leg­gings aan hul le­wens­maats oor.

Dan “spar­tel” hul­le in die ge­val van egskei­ding of die dood van hul le­wens­maat.

Sy maan dat dit baie moei­lik is om geld­sa­ke baas te raak wan­neer jy pas deur die trau­ma van dood of egskei­ding is.

Yo­lan­de Bo­tha en Mo­ni­que Br­ä­sler, twee fi­nan­si­ë­le be­plan­ners by Ga­li­leo Ca­pi­tal, ver­tel van een van hul kli­ën­te wie se man in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is. Hoe­wel daar voor­sie­ning was, was dit nie ge­noeg nie.

Om­dat sy so e­mo­si­o­neel was, het die vrou baie lank ge­wag voor­dat sy moei­li­ke fi­nan­si­ë­le be­slui­te ge­neem het om haar po­si­sie te ver­be­ter – soos om haar huis te ver­koop en af te skaal, haar man se mo­tor te ver­koop en hul va­kan­sie­huis te ver­koop.

Dit sou heel­te­mal voor­kom kon ge­wees het as be­ter be­plan­ning vóór haar man se dood ge­doen is.

Moo­re sê dis baie be­lang­rik dat vroue deel­neem aan al­le ge­sprek­ke oor fi­nan­si­ë­le be­plan­ning vir af­tre­de.

Nog ’n moont­li­ke o­plos­sing is dat eg­pa­re ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste oor­weeg met af­tre­de, dus ’n le­wensan­nu­ï­teit, of min­stens ’n kom­bi­na­sie van ’n le­wen­sen le­wen­de (dus be­leg­gings­ge­kop­pel­de) an­nu­ï­teit.

Moo­re sê 90% van Suid-A­fri­ka­ners koop le­wen­de, of­te­wel be­leg­gings­ge­kop­pel­de an­nu­ï­tei­te, met hul af­tree­geld.

Met dié soort an­nu­ï­teit moet pen­si­oen­trek­kers self die ri­si­ko dra dat be­leg­gings­op­brengs la­er kan wees as be­plan, en hul­le moet ook self die som­me doen oor hoe­veel ka­pi­taal hul­le el­ke jaar wil ont­trek (die wet be­paal ’n band van 2,5% tot 17%).

Moo­re sê dit skep die ri­si­ko dat baie Suid-A­fri­ka­ners lan­ger as hul ka­pi­taal kan leef. Die groot­ste ri­si­ko lê eg­ter by die langs­le­wen­de, wat in die mees­te ge­val­le vroue is.

“Hul­le is bloot­ge­stel aan die on­waar­di­ge si­tu­a­sie dat hul­le in die laas­te ses tot agt jaar van hul le­we nie hul ba­sie­se le­wens­kos­te kan fi­nan­sier nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.