Skyn­be­mag­ti­ging: MTN, Ne­t­ca­re be­kyk

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Nel­lie Brand­Jon­ker

Twee groot ge­no­teer­de maat­skap­pye is on­der dié wat deur die nu­we kom­mis­sie vir breë swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging oor moont­li­ke skyn­be­mag­ti­ging on­der­soek gaan word.

Die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid het aan­ge­kon­dig die kom­mis­sie het met 17 on­der­soe­ke be­gin om te be­paal of on­der­ne­mings die Wet op Breë Swart E­ko­no­mie­se Be­mag­ti­ging oor­tree ten op­sig­te van die swart aan­deel­hou­ers wat hul­le aan­voer hul­le het.

Die twee groot maat­skap­pye wat on­der­soek gaan word, is MTN en Ne­t­ca­re.

Die kom­mis­sie wil on­der meer be­paal of die be­mag­ti­ging­ske­mas MTN Zak­he­le en MTN Zak­he­le Fu­thi in­ge­vol­ge die wet aan die ver­eis­tes vir swart ei­e­naar­skap vol­doen.

By Ne­t­ca­re wil hy kyk of die ei­e­naar­skap wat deur He­alth Part­ners for Li­fe plaas­ge­vind het en wat uit vier trusts be­staan die wet na­kom.

Die na­me van an­der ter­saak­li­ke maat­skap­pye wat be­kend is, is Wor­leyPar­sons en No­kia So­lu­ti­ons and Net­works South A­fri­ca.

Ses be­mag­ti­gings­ve­ri­fi­ë­rings­a­gent­skap­pe gaan ook on­der­soek word om te be­paal of hul prak­ty­ke bo ver­den­king is.

Ook E­s­kom en die Suid-A­fri­kaan­se A­gent­skap vir Maat­skap­li­ke Se­ker­heid (Sas­sa) word on­der­soek.

E­s­kom word be­kyk om te be­paal of die ver­eis­tes van die wet na­ge­kom is toe die ten­der vir die Du­vha-krag­sta­sie aan ’n C­hi­ne­se maat­skap­py toe­ge­ken is. Dié kon­trak is reeds in om­stre­den­heid ge­dom­pel.

In Ju­nie is be­rig die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het ’n stok­kie ge­steek voor E­s­kom se plan­ne om voort te gaan met ’n om­stre­de ten­der van R4 mil­jard om die Du­vha-krag­sta­sie se be­ska­dig­de stoom­ke­tel te ver­vang.

E­s­kom het die kon­trak in Maart aan die C­hi­ne­se maat­skap­py Dong­fang toe­ge­staan, al het dié maat­skap­py R1 mil­jard meer as sy me­de­din­gers ge­ten­der.

Die kom­mis­sie het ver­le­de jaar aan die gang ge­kom.

Die on­der­soek na Sas­sa han­del daar­oor of hy die wet na­kom met ten­ders wat toe­ge­ken word. Dit sluit in die ten­der wat aan Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces toe­ge­ken is en of dié maat­skap­py skyn­be­mag­ti­ging toe­pas.

On­der­ne­mings wat die wet oor­tree, kan aan­ge­kla word en ’n boe­te kry wat 10% van sy jaar­lik­se om­set kan be­loop. Die in­di­vi­due wat be­trok­ke is, kan ook be­boet word of tot tien jaar tronk­straf kry. Die on­der­ne­ming wat be­trok­ke is, kan ook ge­straf word om vir tien jaar nie met die staat sa­ke te doen nie, ter­wyl die kon­trak­te wat hul reeds het, ge­kan­sel­leer kan word.

Die on­der­soek na Sas­sa han­del daar­oor of hy die wet na­kom met ten­ders wat toe­ge­ken word. Dit sluit in die ten­der wat aan Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces toe­ge­ken is en of dié maat­skap­py skyn­be­mag­ti­ging toe­pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.