Rand val soos klip ná Zu­ma oor­leef

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Vi­da Booysen

Die rand het bin­ne minute na­dat pres. Ja­cob Zu­ma die mo­sie van wan­troue in hom oor­leef het reeds met 1% teen­oor die dol­lar ver­swak.

Die geld­een­heid het teen 18:48 reeds met 14c tot R13,39/$ te­rug­ge­sak na­dat dit vóór die uit­slag nog om R13,24 ver­han­del het.

Gis­ter het die JSE en die rand die groot­ste deel van die dag se­nu­ag­tig wa­ter ge­trap ter­wyl daar ge­wag is dat par­le­ments­le­de stem in die mo­sie van wan­troue.

Die JSE het merk­baar te­rug­ge­sak na­dat hy tot Maan­dag vyf re­kord­hoog­te­pun­te in ses dae be­reik het.

Die in­deks van al­le aan­de­le het die dag 0,33% la­er op

55 980 pun­te ge­sluit. Hulp­bron­aan­de­le het ve­ral te­rug­ge­trek en die in­deks het 1,12% la­er op 34 535 pun­te ge­sluit.

Die rand, wat Maan­dag met 1,7% teen­oor die dol­lar ver­sterk het na­dat Ba­le­ka M­be­te, spea­ker, ge­sê het die stem­ming sal in die ge­heim plaas­vind, het gis­ter wis­sel­val­lig ver­toon in af­wag­ting op die uit­slag van par­le­ments­le­de se stem­ming oor ’n mo­sie van wan­troue in Zu­ma.

Die geld­een­heid het aan die be­gin van die de­bat nog teen R13,15 per dol­lar ver­han­del, maar na­dat die uit­slag be­kend ge­word het, skerp be­gin val.

Die plaas­li­ke mark sal ge­sluit wees vir die o­pen­ba­re va­kan­sie­dag van­dag, maar daar word ver­wag dat die rand skerp op die uit­slag sal re­a­geer.

Die geld­een­heid sal die res van dié week kyk na Vry­dag, wan­neer Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce sy be­sluit oor Suid-A­fri­ka se kre­diet­gra­de­ring be­kend maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.