SA aan­de­le bes­te ba­te­klas in Ju­lie

Le­wer ’n op­brengs van 7,03%

Beeld - - SAKE - Han­lie S­tad­ler

Suid-A­fri­kaan­se aan­de­le be­gin weer blink ná ’n paar jaar van stink.

Dié ba­te­klas was in Ju­lie die een wat die bes­te maand­op­brengs ge­le­wer het – ’n ver­stom­men­de 7,03% in die en­ke­le maand.

Aan­de­le in die JSE se in­deks van al­le aan­de­le het die af­ge­lo­pe 12 maan­de ’n op­brengs van 7,59% ge­le­wer as di­vi­den­de in­ge­sluit word. Dit is oor ’n jaar ge­meet die twee­de bes­te ba­te­klas.

Wy­se lang­ter­myn­be­leg­gers sal dalk ver­lig voel as hul­le vas­ge­byt het ge­du­ren­de die sy­waart­se be­we­ging van die laas­te paar jaar.

Kon­tant, wat be­leg­gers die af­ge­lo­pe jaar goed be­loon het, was in Ju­lie die ba­te­klas wat die bes­te ge­vaar het oor ’n jaar ge­meet met ’n to­ta­le op­brengs van 7,68%.

Dié ba­te­klas, soos ge­meet aan die S­te­fi (’n geld­mar­kin­deks), sal eg­ter dalk nou glans ver­loor om­dat die Re­ser­we­bank die ren­te­koers op 20 Ju­lie met 0,25 per­sen­ta­sie­punt ver­laag het.

Ge­no­teer­de ei­en­dom, wat tot dus­ver van­jaar maar po­wer ge­vaar het, was in Ju­lie die ba­te­klas wat die twee­de bes­te maand­op­brengs, 3,7%, ge­le­wer het. Die jaar­op­brengs van net 3,27% maak hom eg­ter steeds die swak­ste ba­te­klas.

Ge­no­teer­de ei­en­dom was die e­nig­ste van die vier ba­te­klas­se wat in Ju­lie ’n jaar­op­brengs ge­le­wer het wat la­er as die in­fla­sie­koers is.

Die in­fla­sie­koers vir Ju­lie is nog nie uit­ge­reik nie, maar dit sal na ver­wag­ting in die om­ge­wing van 5% wees (dit was 5,1% in Ju­nie, maar die pe­trol­prys het in Ju­lie taam­lik skerp ge­daal, met 68c per li­ter).

Zayd Su­lai­man, por­te­feul­je­be­stuur­der van die ei­en­doms­fonds­be­stuur­der Ca­ta­lyst, voor­spel dat plaas­lik ge­no­teer­de ei­en­doms­maat­skap­pye met heel­wat oor­se­se ei­en­dom op lang ter­myn goed sal vaar, maar dat dié met hoof­saak­lik plaas­li­ke ei­en­dom op­brengs­te van na­der aan in­fla­sie gaan op­le­wer weens die swak Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie.

In die jaar tot dus­ver het aan­de­le vier keer die bes­te maand­op­brengs ge­le­wer (in Ja­nu­a­rie, Maart, A­pril en Ju­lie); ef­fek­te twee keer (Fe­bru­a­rie en Mei) en kon­tant een keer (Ju­nie).

Wat jaar­op­brengs­te be­tref, wen ef­fek­te nou al ses maan­de op­een­vol­gens. Ge­no­teer­de ei­en­dom was in Ja­nu­a­rie die ba­te­klas met die groot­ste op­brengs.

Be­leg­gers moet in ag neem dat so­wel aan­de­le as ge­no­teer­de ei­en­dom op kort tot me­di­um­ter­myn (kor­ter as se­we jaar) wis­sel­val­lig kan wees, maar op lang ter­myn as groei­ba­tes be­skou word. Hoe­wel kon­tant en ef­fek­te op die oom­blik goed vaar op ’n jaar­grond­slag ge­meet, is die op­brengs daar­van op lang ter­myn ge­woon­lik swak­ker.

Di­ver­si­fi­se­ring van ba­te­klas­se bly ’n vei­li­ge op­sie, iets wat die ge­mid­del­de be­leg­ger deur mid­del van ’n mul­ti­ba­te­klas-ef­fek­te­trust kan be­reik.

Gra­fi­ka: ISTOCK

Kon­tant, wat die af­ge­lo­pe jaar goeie op­brengs­te ge­le­wer het, gaan na ver­wag­ting in die vol­gen­de paar maan­de swak­ker vaar om­dat die ren­te­koers ver­laag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.