W­hi­tey kry nou (net) R1,74 mjd.

Beeld - - SAKE - Nel­lie Brand­Jon­ker

W­hi­tey Bas­son (70), voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die S­hop­ri­te-groep, gaan so­wat R86 mil­joen min­der vir sy S­hop­ri­te-aan­de­le kry – R1,74 mil­jard pleks van R1,83 mil­jard, soos wat in Mei be­rig is.

Die aan­de­le moet van Bas­son te­rug­ge­koop word in­ge­vol­ge ’n diens­kon­trak wat in De­sem­ber 2003 met hom aan­ge­gaan is. S­hop­ri­te moet 8,68 mil­joen aan­de­le van die maat­skap­py Bass­gro te­rug­koop.

Bas­son sal nou R10 per aan­deel min­der kry. Die groep sê die par­tye het op 1 Au­gus­tus die kon­trak ge­wy­sig so­dat die prys waar­teen die aan­de­le te­rug­ge­koop word, van R211 elk tot R201 ver­min­der word.

Die nu­we prys is die ge­weeg­de ge­mid­del­de aan­deel­prys oor die 30 dae tot 2 Mei. Voor­heen is die mid­del­ste prys oor 30 dae ge­bruik.

Die wy­si­ging is glo aan­ge­bring so­dat dit met die JSE se no­te­rings­ver­eis­tes oor­een­stem.

Toe die wy­si­ging aan­ge­bring is, het Bas­son die di­rek­sie van S­hop­ri­te ver­soek om na­ge­noeg R84 mil­joen in ’n fonds te plaas vir die on­der­rig van voor­heen be­na­deel­des. Dié by­drae is eg­ter nie ’n ge­ge­we nie. In­ge­vol­ge die ak­te van op­rig­ting van S­hop­ri­te moet so ’n be­sluit­deur on­der meer die di­rek­sie goed­ge­keur word.

Aan­deel­hou­ers sal ook op ’n al­ge­me­ne ver­ga­de­ring oor die spe­si­fie­ke te­rug­koop van aan­de­le moet stem. Dit vind op 5 Sep­tem­ber om 9:00 plaas.

Die om­send­brief en in­lig­ting oor die al­ge­me­ne ver­ga­de­ring is van­dees­week uit­ge­reik.

Die aan­de­le wat te­rug­ge­koop moet word, maak 1,45% van die S­hop­ri­te-groep se uit­ge­reik­te aan­de­le uit.

Ná die wy­si­ging hoef S­hop­ri­te nie meer in­ge­vol­ge no­te­rings­ver­eis­tes ’n me­ning te kry oor hoe bil­lik die te­rug­koop van die aan­de­le is nie, maar hy het in oor­een­stem­ming met bes­te prak­tyk vir kor­po­ra­tie­we be­stuur ’n me­ning ge­kry.

RMB het as on­af­hank­li­ke kun­di­ge be­vind al­bei pry­se is bil­lik vir aan­deel­hou­ers om­dat die waar­de van die aan­de­le meer is as die prys wat S­hop­ri­te gaan be­taal.

Die di­rek­sie is ook van me­ning dit is bil­lik en het een­pa­rig aan­be­veel aan­deel­hou­ers moet ten guns­te daar­van stem.

W­hi­tey Bas­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.