Da­ta wat ver­stryk, is ’n do­ring in O­ko­sa se vlees

Beeld - - SAKE - – Fin24

Die On­af­hank­li­ke Kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid van Suid-A­fri­ka (O­ko­sa) be­plan om da­ta wat ver­stryk, te re­gu­leer.

Die mees­te men­se kry op hul sel­foon- of da­ta­kon­trak ’n vas­ge­stel­de maan­de­lik­se hoe­veel­heid da­ta wat nie van maand tot maand oor­ge­dra kan word as hul­le dit nie op­ge­bruik nie.

Maan­dag is ’n ken­nis­ge­wing hier­oor in die S­taats­koe­rant ge­pu­bli­seer.

Die o­wer­heid het te­vo­re ge­sê hy gaan ook iets doen aan die be­lag­lik hoë bui­te­bon­del-da­ta­ta­rie­we wat men­se moet be­taal as hul­le meer as hul ge­sti­pu­leer­de hoe­veel­heid da­ta ge­bruik.

Wil­ma­ri S­tra­chan, di­rek­teur van teg­no­lo­gie, me­dia en te­le­kom­mu­ni­ka­sie by ENS A­fri­ca, sê die re­gu­la­sies sal die tyd­perk wat da­ta gel­dig is en die oor­drag van da­ta “re­gu­leer”.

“Da­ta­bon­dels van 1 GB tot 5 GB moet by­voor­beeld 90 dae gel­dig bly. Gro­ter da­ta­bon­dels, soos 20 GB en meer, moet 24 maan­de gel­dig bly.”

Die re­gu­la­sies maak ook daar­voor voor­sie­ning dat die eind­ge­brui­kers sal kan kies om on­ge­bruik­te da­ta oor te dra voor­dat dit ver­val.

“As dit van toe­pas­sing word, sal die re­gu­la­sies de­fi­ni­tief die sa­ke­mo­del­le van baie diens­ver­skaf­fers be­ïn­vloed,” sê sy.

Die pu­bliek kan tot 19 Sep­tem­ber kom­men­taar le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.