Su­per­rug­by se ge­spreks­pun­te

Beeld - - SPORT - Ge­or­ge Ger­mis­huys Sal die Leeus weer so ’n goeie sei­soen be­leef soos in 2017?

1 Het die Leeus hul groot kans op ti­tel­glo­rie ver­speel?

Daar kan baie goeie din­ge van Jo­han Ac­ker­mann se troe­pe ge­sê word, maar ’n mens kan nie help om te won­der of 2017 hul goue ge­leent­heid was om die kroon te ver­o­wer nie.

Nie net het die Leeus ’n pry­sens­waar­di­ge span­kul­tuur en goeie be­stuur nie, hul­le het ook van­jaar 92 drieë ge­druk, die mees­te breek­slae van e­ni­ge span be­werk­stel­lig, die bal meer as e­ni­ge an­der span ge­dra, ver­re­weg die mees­te veld met hul storm­lo­pies ge­wen, die mees­te ver­de­di­gers van e­ni­ge span ge­klop, die der­de bes­te lyn­staan in die reeks en die naas­bes­te suk­ses­koers by die af­breek­pun­te ge­had.

Maar tog kon hul­le nie die Su­per­rug­by­tro­fee om­hoog hou nie. Dit was die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de Su­per­eind­stryd wat die span ver­loor het.

Sal die heg­te kul­tuur wat ge­ves­tig is on­der Ac­ker­mann, wat nou na En­ge­land ver­huis, die span in staat stel om dit der­de keer skeeps­reg te maak?

Dit sal ’n groot uit­da­ging wees, om­dat die span nou weer ’n oor­gangs­fa­se gaan be­leef. Maar ho­pe­lik ge­beur dit, want ’n span wat die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne tot so ’n ma­te oor­heers het, ver­dien om met ’n tro­fee be­loon te word. 2 Rug­by­grond­be­gin­sels bly be­lang­rik

Die Leeus, wat ba­sies al­le aan­val­len­de ka­te­go­rieë oor­heers het, het steeds twee­de teen die Cru­sa­ders ge­ëin­dig.

Die Cru­sa­ders, wat in die mees­te van dié ka­te­go­rieë twee­de vi­ool ge­speel het, het in twee be­lang­ri­ke as­pek­te bo die res uit­ge­troon.

Die span se vas­te skrums, lyn­sta­ne en ver­de­di­ging was aan­sien­lik be­ter as die Leeus s’n.

Dus kan daar ge­stry word dat selfs die Su­per­rug­by­reeks, wat wyd ge­prys word vir sy aan­val­len­de deug­de, in die loop­gra­we van die vas­te fa­set­te en held­haf­ti­ge ver­de­di­ging ge­wen kan word. 3 Eu­ro­pa kry nu­we King(s)

Bon­dig ge­stel: Die Kings was die sto­rie van die reeks. Dié saam­ge­flans­te span van weg­gooi­spe­lers het die wê­reld aan die brand ge­speel en het ’n klomp on­be­ken­de na­me aan huis­hou­dings in Suid­A­fri­ka be­kend ge­stel het.

De­on Da­vids se troe­pe het i­ro­nies ge­noeg in hul laas­te jaar van Su­per­rug­by uit­ein­de­lik aan hul vi­sie – om ’n bas­ti­on vir die ont­wik­ke­ling van swart rug­by­spe­lers te wees – vol­doen en be­lo­wen­de spe­lers soos Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, An­di­sa Nt­si­la en Ma­sixo­le Ban­da op­ge­le­wer.

Daar­be­ne­wens het spe­lers soos Li­o­nel Cron­jé en Chris Cloe­te hul aan­de­le in­ter­na­si­o­naal laat styg.

Dis jam­mer die klas van 2017 het nou weer heel­te­mal uit­me­kaar ge­spat, want hy sou ge­wis nog kon ver­ras. 4 ’n Op­waart­se kur­we Die tro­fee­kas­te is ui­ter­aard nog leeg op El­lis­park, Nu­we­land, Kings­park en Lof­tus, maar daar was dié sei­soen da­rem be­moe­di­gen­de te­kens. Af­ge­sien van hul eind­stryd­ne­der­laag was die Leeus waar­skyn­lik die bes­te span in die reeks, die S­tor­mers het twee keer Nieu­See­land­se span­ne ge­klop en die Haaie het ge­wys dat daar met ’n plan in Dur­ban ge­werk word.

Die Bul­le het ook ná ’n lang ge­suk­kel be­sluit om hul huis in or­de te kry.

Dit sal ho­pe­lik ook in die toe­koms tot die voor­deel van S­pring­bok­rug­by strek.

5 Kom ons praat oor die Aus­sies. . .

Om slegs een Aus­tra­lie­se fran­chi­se die trek­pas te gee, ter­wyl twee van Suid­A­fri­ka ge­pos is, doen ab­so­luut niks vir die ge­loof­waar­dig­heid van San­zaar se uit­ge­rek­te, ver­war­ren­de en groot­liks ver­ve­li­ge toer­nooi nie.

Die s­ta­tis­tie­ke kan in hier­die ver­band die praat­werk doen. Twee Aus­tra­lie­se span­ne (Re­bels en For­ce) het die min­ste en twee­de min­ste drieë in die reeks ge­druk. Twee Aus­tra­lie­se span­ne (For­ce en Brum­bies) het die min­ste breek­slae in die reeks be­werk­stel­lig.

Die Reds (wat hoe­ge­naamd nie ge­noem word as ’n span wat die trek­pas kan kry nie) het die twee­de min­ste ke­re die bal ge­dra. Drie Aus­tra­lie­se span­ne (For­ce, Brum­bies, Reds) is aan die on­der­punt van die lys wat veld ge­wen met storm­lo­pies be­tref en die­self­de geld die Re­bels, Brum­bies en For­ce vir ver­de­di­gers wat ge­klop is.

Nog ’n skok­ken­de sta­tis­tiek is dat die vyf Aus­tra­lie­se span­ne van­jaar sáám slegs 21 wed­stry­de kon wen ­ die mees­te daar­van teen me­kaar!

Die Kings en C­hee­tahs, wat nou hul heil in Pro14­rug­by moet vind, troon in by­na el­ke ka­te­go­rie bo die Aus­sies uit. So hoe is dit dat slegs ’n en­ke­le Aus­sie­span in die slag bly?

Van­jaar se Su­per­rug­by­reeks sal waar­skyn­lik vir ’n rooi­kaart in die eind­stryd tus­sen die Leeus en Cru­sa­ders ont­hou word, maar die sei­soen het veel meer om die lyf ge­had as ’n oor­tre­ding deur die Leeus­flank K­wag­ga S­mith. kyk na die groot ge­spreks­pun­te na die gor­dyn oor 2017 se reeks ge­sak het.

Foto: GALLO IMAGES

Foto: GALLO

Die Cru­sa­ders se spel­styl was baie min­der flam­bo­jant as hul af­rig­ter, S­cott Ro­bert­son, se dans­pas­sies ná hul se­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.