Nog B­lits­bok­ke in CB­s­tryd los­ge­laat

Beeld - - SPORT - Fran­cois de Wet

Nog ’n paar B­lits­bok­ke kan bin­ne­kort vir ek­stra op­win­ding in van­jaar se Cur­rie­be­ker­rug­by­reeks sorg.

Die se­wes­ster­re Wer­ner Kok en Tim A­ga­ba is am­per weer slag­ge­reed om te speel en sal vol­gens die B­lits­bok­af­rig­ter, Neil Po­well, bin­ne ’n paar dae saam met hul Cur­rie­be­ker­span­ne be­gin oe­fen.

Po­well sê Kok het ná van­jaar se t­ri­om­fant­li­ke Wê­reld­reeks ’n skou­er­o­pe­ra­sie ge­had.

Kok is soos ver­le­de sei­soen weer vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie beskikbaar en kan hom al Maan­dag by dié span aan­sluit.

A­ga­ba, wat ’n knie­be­se­ring op­ge­doen het in die voor­laas­te se­westoer­nooi van die sei­soen in Pa­rys, word Maan­dag by die Blou Bul­le in Pretoria ver­wag.

A­ga­ba het in 2015 die laas­te keer 15-man-rug­by vir die OP-Kings in die P­re­mier­liga ge­speel.

Vol­gens Po­well oor­weeg nog ’n B­lits­bok, Dy­lan Sa­ge, dit ook om voor die be­gin van die se­wes­sei­soen ’n bie­tjie Cur­rie­be­ker­rug­by te speel.

Sa­ge her­stel ook nog van ’n skou­er­be­se­ring.

“Daar is u­nies wat in sy diens­te be­lang stel so­dra hy heel­te­mal fiks is.”

Hoe­wel dit ver­bly­dend is dat sy spe­lers so hoog aan­ge­slaan word, er­ken die se­wes­brei­er hy is be­kom­merd oor die moont­lik­heid van be­se­rings voor­dat die Wê­reld­reeks vir 2017-’18 in De­sem­ber be­gin.

Po­well is nie­te­min in sy nop­pies met die ver­to­nings wat van sy B­lits­bok­staat­ma­kers van­jaar in 15man-rug­by le­wer.

K­wag­ga S­mith het die Leeus ge­help om vir die eind­stryd van van­jaar se Su­per­reeks te kwa­li­fi­seer.

Se­a­be­lo Se­nat­la is ná ’n be­se­ring be­sig om weer vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie aan die gang te kom.

Ro­sko S­pe­cman het in sy te­rug­keer tot vyf­tien­man-rug­by da­de­lik vir op­win­ding in die Cur­rie­be­ker­reeks ge­sorg toe hy ’n skou­spel­ag­ti­ge drie vir die Vry­staat-C­hee­tahs teen die WP ge­druk het.

Die se­wes­ve­te­ra­ne Ce­cil A­fri­ka en Chris Dry het ook as C­hee­tahs te­rug­keer na die lan­ger for­maat.

Ru­han Nel is nog ’n B­lits­bok wat van­jaar vir die WP in die Su­perS­port­uit­daag­reeks ge­speel het. Hy suk­kel met ’n skou­er­be­se­ring, maar sal ho­pe­lik bin­ne­kort beskikbaar wees vir die S­treep­truie in die Cur­rie­be­ker­reeks.

Tim A­ga­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.