S­waar­ge­wig­te se net­bal­twee­stryd voor­spel op­win­ding

Beeld - - SPORT - Ann­chen Nel

Hier kom ’n gro­te!

Die Wes-Kaap en die Vry­staat pak me­kaar van­mid­dag op die net­bal­baan in ’n wed­stryd wat som­mer vir groot op­win­ding be­loof.

In die eer­ste wa­re wed­stryd tus­sen twee s­waar­ge­wig­te in Af­de­ling A van die na­si­o­na­le toer­nooi, het die Wes-Kaap gis­ter­mid­dag ’n puik wed­stryd teen Noord­wes met 4334 ge­wen.

Die Wes-Ka­pe­naars, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oe­ne, het met dié se­ge ’n dui­de­li­ke waar­sku­wing aan hul teen­stan­ders ge­rig.

Die Noord­wes­ters het hul eer­ste ne­der­laag ge­ly.

Die Wes-Kaap, die Vry­staat en Gau­teng is ná drie wed­stry­de nog on­oor­won­ne.

Die Wes-Ka­pe­naars sal dalk net-net te veel skiet­goed hê vir die min­der er­va­re Vry­sta­ters.

An­ne­lie Lu­cas, Kaap­se af­rig­ter, het ná hul twee­de wed­stryd van die dag ge­spog dat sy “van die bes­te ver­de­di­gers in die land het”.

Dit is ’n mond­vol, want die Kaap se Pro­tea-ver­de­di­gers, P­hum­za Ma­we­ni en Ro­chel­le Loub­ser, neem nie deel nie.

“Ons kon in die laas­te kwart die ga­ping ver­groot, want ons ver­de­di­ging was puik. S­te­pha­nie (Brandt) het ’n paar mooi on­der­skep­pings ge­kry en Ju­li­ne (Ros­souw) speel ook puik,” sê Lu­cas.

Die tel­ling was ná die eer­ste kwart 11-11 voor­dat die Wes-Kaap met die rus­tyd hul neus met 21-18 voor ge­kry het. Hul­le kon nóg ver­der voor­ge­loop het as hul­le nie bal­be­sit ver­loor het nie.

Noord­wes se hulp­doel, Me­lan­di P­re­to­ri­us, is in die twee­de kwart be­seer, en die span het mo­men­tum in­ge­boet.

Die doe­le­ver­skil was ná die der­de kwart eg­ter steeds net vier (32-28 vir die Wes-Kaap).

Lu­cas sê sy het nie vir haar span ge­sê dat hul­le voor­loop nie en dit het ge­help dat hul­le nie die voet van die ver­snel­ler ge­haal nie.

Die brei­er voeg by sy is vol ver­troue dat haar span sal groei soos die toer­nooi vor­der.

“Ons sal van­aand (gis­ter) kyk na ons stra­te­gie teen die Vry­staat. Ons sal ge­duld moet hê, bal­be­sit moet be­hou en die doe­le sal ak­ku­raat moet wees,” sê Lu­cas.

Die Vry­sta­ters het die Noord-Kaap met 66-14 ge­klop.

Bur­ta de Kock, hul af­rig­ter, was te­vre­de met die ver­skil­len­de kom­bi­na­sies wat sy kon in­span. “Ek is ge­se­ënd om 12 spe­lers te hê wat ek in el­ke ron­de kan ge­bruik.

“Die jon­ge­tjies ver­be­ter met el­ke wed­stryd,” sê De Kock.

“Ons sal teen die Wes-Kaap ons eie af­gooie moet wen, be­sit moet om­keer en dit dan moet be­skerm en be­hou.”

Gau­teng het min pro­ble­me ge­had teen K­waZu­lu-Na­tal (47-29) en die Oos-Kaap (46-26).

Die Gau­ten­gers se eer­ste wa­re hoë hek­kie is van­dag teen die Noord­wes­ters.

■ Woens­dag se pro­gram: 08:00: Noor­dKaap t. M­pu­ma­lan­ga; K­waZu­lu­Na­tal t. OosKaap; 11:00: Gau­teng t. Noord­wes; 12:30: Wes­Kaap t. Vry­staat; 15:00: O­pe­ning­se­re­mo­nie.

Foto: REG CALDECOTT

Ma­re­li­ze de Bruin, sen­ter van Gau­teng (links), wen bal­be­sit teen Non­tut­hu­ko K­ho­mo van Kwa­Zu­lu Na­tal in ’n wed­stryd Dins­dag in die na­si­o­na­le toer­nooi in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.