Slegs een Pro­tea op kolf­rang­lys

Beeld - - SPORT -

Hashim Am­la is die e­nig­ste oor­bly­wen­de Suid­A­fri­kaan­se krie­ket­spe­ler on­der die voor­ste tien kol­wers op die jong­ste rang­lys van toets­kol­wers.

Ná sy kolf­beur­te van 30 en 83 in die vier­de toets teen En­ge­land het hy van die tien­de na die ne­gen­de plek ge­klim.

S­te­ve S­mith, Aus­tra­lië se kap­tein, is steeds die voor­ste kol­wer, ter­wyl sy e­we­knie van En­ge­land, Joe Root, sy twee­de plek be­hou het.

Nog ’n En­gels­man, die paal­tjie­wag­ter Jon­ny Bair­stow, het ná kolf­beur­te van 99 en tien in die laas­te toets tot die se­wen­de plek ge­klim.

Drie Suid­A­fri­ka­ners be­vind hul­le on­der die tien voor­ste bou­lers.

Ka­gi­so Ra­ba­da is steeds in die ses­de plek, Da­le S­teyn in die agt­ste en Ver­non P­hi­lan­der in die ne­gen­de plek.

En­ge­land se Ja­mes An­der­son, wat se­we paal­tjies in die laas­te toets plat­ge­trek het, is nou die naas­bes­te bou­ler ter wê­reld, ná die In­die­se draai­er Ra­vin­dra Ja­de­ja.

Die groot wen­ner in En­ge­land se reeks­se­ge met 3­1 oor Suid­A­fri­ka was eg­ter die veelsydige Moeen Ali. Hy be­vind hom in die bes­te plek tot nog toe in sy loop­baan op die rang­lys­te vir bou­lers, kol­wers en veelsydige spe­lers.

Ali het in die reeks die eer­ste spe­ler ge­word om 250 lo­pies aan te te­ken én 25 paal­tjies in ’n reeks van vier toet­se plat te trek. Hy het in die laas­te toets tel­lings van 14 en 75* aan­ge­te­ken. Hy be­vind hom nou in die 21ste plek op die rang­lys vir kol­wers en op die 18de plek op die lys van bou­lers.

Kol­wers: 1. S­te­ve S­mith (Aus), 2. Joe Root (Eng), 3. C. Pu­ja­ra (Ind), 4. Ka­ne Wil­li­am­son (NS), 5. Vi­rat Koh­li (Ind), 6. A­jin­ka Ra­ha­ne (Ind)

7. Jon­ny Bair­stow (Eng), 8. A­z­har Ali (Pak), 9.

Hashim Am­la (SA), 10. Da­vid War­ner (Aus).

Bou­lers: 1. Ra­vin­dra Ja­de­ja (Ind), 2. Ja­mes An­der­son (Eng), 3. Ra­vi­chandran Ashwin (Ind), 4. Josh Ha­z­le­wood (Aus), 5. Ran­ga­na He­rath (SL),

6. Ka­gi­so Ra­ba­da (SA), 7. S­tu­art Bro­ad (Eng),

8. Da­le S­teyn (SA), 9. Ver­non P­hi­lan­der

(SA), 10. Neil Wag­ner (NS)

Veelsydige spe­lers: 1. Ra­vin­dra Ja­de­ja (Ind), 2. S­ha­kib Al Ha­san (Ban), 3. Ra­vi­chandran Ashwin (Ind), 4. Moeen Ali (Eng), 5. Ben S­to­kes (Eng). – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.