In­dië se Iy­er neu­tra­li­seer Be­har­dien­beurt

Beeld - - SPORT - – Jo­hann de Ja­ger

Suid­A­fri­ka A is soos sy ou­boet die winter nog tro­feel­oos na­dat In­dië se naas­bes­tes hom in die eind­stryd van hul drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks met se­we paal­tjies ge­klop het.

In­dië A, met Shrey­as Iy­er aan die spits, die eind­stryd gis­ter by Tuks mak­lik met se­we paal­tjies ge­wen.

Dié Spe­ler van die Wed­stryd se hon­derd­tal (140*, 131 b, 11x4;4x6) het die be­soe­kers tot by 270/3 help vor­der om met nog 19 bal­le oor te wen. SA A was vroeg on­der druk na­dat hy in­ge­stuur is, waar­na Far­haan Be­har­dien (101*, 114 b) hom tot by 267/7 ge­neem het.

’n Paar van die tuis­kol­wers, in­slui­ten­de die kap­tein, K­ha­ya Zon­do, sal hul­self wil s­kop oor die wy­se waar­op hul­le uit­ge­haal is.

Die tuis­span se draai­ers, wat ’n goeie toer­nooi be­leef het, kon Dins­dag nie e­ni­ge wel­slae be­haal nie. Ve­ral Ta­braiz S­ham­si (0/52 in 8 beur­te) het deur­ge­loop.

SA A het vroe­ër vir Ree­za Hen­dricks (5), Hen­ry Da­vids (20) en Hein­rich Klaas­en (6) in vier boul­beur­te ver­loor, wat hom in die ne­gen­de boul­beurt op 32/3 vroeg on­der druk ge­plaas het.

Zon­do (39, 61 b) en Be­har­dien het die kolf­beurt sta­dig maar se­ker met 80 lo­pies van 115 bal­le om vier­de paal­tjie op koers ge­kry.

In­dië A het in sy jaag­tog op 20/2 mooi her­stel met Iy­er en Vi­jay S­han­kar (72) wat 141 lo­pies om die der­de paal­tjie aan­ge­te­ken het.

Die be­soe­kers sal na de­se vol self­ver­troue wees vir die twee vier­dag­wed­stry­de wat in Be­no­ni en Pot­chef­stroom ge­speel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.