Goud in 400 vir snel­trein van Bloem­fon­tein

Beeld - - SPORT - Wim P­re­to­ri­us

Way­de van Nie­kerk het gis­ter­aand weer die goue me­dal­je in die 400 m op dag vyf van die IAAF se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den ver­o­wer.

Die Vry­sta­ter het in 43.98 sek. ge­wen en so­doen­de sy ti­tel ver­de­dig wat hy in 2015 in Bei­jing ver­o­wer het.

Hy het so­doen­de ook SuidA­fri­ka se twee­de goue me­dal­je ver­se­ker.

S­te­ven Gar­di­ner van die Ba­ha­mas was twee­de in 44.41 sek., met Abda­le­lah Ha­roun van Ka­tar wat die brons­me­dal­je in 44.48 sek. sy­ne ge­maak het.

Van Nie­kerk sal eg­ter nie veel kans hê 400 m te vier nie, aan­ge­sien die half­eind­ron­de van die 200 m van­dag reeds op hom en sy land­ge­noot A­ka­ni Sim­bi­ne wag.

Jus­ti­ne Palf­ra­man, wat oor­spronk­lik nie in At­le­tiek SuidA­fri­ka (ASA) se span in­ge­sluit is nie, het die keur­ders se mon­de ge­snoer toe sy vir die half­eind­ron­de van die 200 m ge­kwa­li­fi­seer het.

Sy is aan­vank­lik weg­ge­laat uit ASA se span vir die by­een­koms na­dat sy nie goed ge­noeg ge­ag het om die half­eind­ron­de te haal nie.

Sy is la­ter op kort ken­nis­ge­wing in­ge­sluit na­dat die IAAF ’n uit­no­di­ging ge­stuur het aan die vroue 4x400-af­los span. ASA het haar daar­na toe­ge­laat om in te skryf vir die 200 ook.

Wen­da Nel se aan­slag in die vroue 400 m-hek­kies het gis­ter­aand tot ’n ein­de ge­kom na­dat sy der­de in haar uit­dun ge­ëin­dig het, maar nie as een van die vin­nig­ste ver­loor­ders kon kwa­li­fi­seer nie. Sy het in 55.70 sek. ge­ëin­dig.

Da­li­lah Mu­ham­mad, die voor­ste at­leet in die wê­reld in die i­tem, het goed ge­lyk en ge­mak­lik deur­ge­dring tot die eind­ron­de in 55.00 sek.

Na­dat Cas­ter Se­me­nya Maan­dag vir ’n ver­ras­sing ge­sorg het deur ’n plek op die po­di­um los te hard­loop in die 1 500 m, sal die brons­me­dal­je­wen­ner nou haar aan­dag na die 800 m ver­skuif. Die uit­dun­ne word mô­re­be­slis.

Sy het ver­le­de jaar in Rio de Ja­nie­ro die O­lim­pie­se goue me­dal­je in die i­tem ver­o­wer en sal be­oog om haar der­de goud by die Wê­reld­by­een­koms in te palm.

Sy het dit in 2009 in Ber­lyn, Duits­land, vir die eer­ste keer ver­mag en twee jaar la­ter in Da­e­gu, Suid-Ko­rea, twee­de ge­ein­dig voor­dat Rus­land se Ma­riya Sa­vi­no­va, wat die goue me­dal­je ge­wen het, ge­skors is weens die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels. Die goue me­dal­je is daar­na aan Se­me­nya toe­ge­ken.

Nog ’n Suid-A­fri­ka­ner, Ge­na Lof­strand, sal ook in dié i­tem vir ’n plek in die half­eind­ron­de mik.

is die ver­de­di­gen­de A­fri­ka-kam­pi­oen in die 800 m en die 1 500 m, met ’n der­de A­fri­ka- goue me­dal­je wat sy saam met die 4x400 m-af­los­span ver­o­wer het op dié kam­pi­oen­skap in 2016.

In die vroue spies­gooi het Bar­bo­ra Š­potá­ko­vá van T­sjeg­gië ’n twee­de goue me­dal­je by Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe ge­voeg by haar Cur­ri­cu­lum Vi­tae na­dat sy ge­wen het met ’n bes­te af­stand van 66.76.

Sy is ook ’n twee­ma­li­ge O­lim­pie­se kam­pi­oen en het ver­goed vir haar brons­me­dal­je wat sy ver­le­de jaar in Rio de Ja­nei­ro be­haal het.

■ Die Lon­den­se ho­tel waar talSe­me­nya le at­le­te wat deel­neem aan die Wê­reld­by­een­koms deur maag­aan­doe­nings plat­ge­trek is, het sy han­de in on­skuld ge­was.

Ver­skeie at­le­te van Botswa­na, Duits­land, Ka­na­da, Ier­land en Pu­er­to Ri­co wat in die To­wer Ho­tel na­by die be­roem­de To­wer B­rid­ge in die En­gel­se hoof­stad tuis­gaan, het siek ge­die word met baie wat hul i­tems mis­ge­loop het en an­der wat in kwa­ran­tyn ge­plaas is.

Die To­wer Ho­tel, wat jaar­liks ook die amp­te­li­ke tuis­te van deelnemers aan die Lon­den-ma­ra­thon is, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê dat die siek­te nie sy oor­sprong by dié ho­tel ge­had het nie.

Foto: REU­TERS

Met die groot­ste ge­mak! Way­de van Nie­kers draf gis­ter­aand oor die eind­streep om goud in die 400 te wen,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.