Wie is nr. 2 op nr. 10?

‘Be­stuur van spe­lers gaan uit­da­ging wees’

Beeld - - SPORT - Michael Green

Wie sal die S­pring­bok­ke se los­ska­kel wees in­dien die hui­di­ge nr. 1, El­ton Jan­tjies, be­seer sou raak?

Dit is ’n vraag wat te­reg ge­vra kan word as ’n mens kyk na die be­skik­ba­re los­ska­kels in die hui­di­ge Bok­groep.

Be­hal­we vir Jan­tjies is daar die jon­ge­ling Cur­win Bosch en Han­dré Pol­lard, oor wie se fiks­heid daar vrae is.

Die veelsydige Dil­lyn Leyds kan ook in dié sleu­tel­po­si­sie uit­help as dit reg­tig moet.

As ’n mens met Al­lis­ter Coet­zee, die Bok­ke se brei­er, ge­sels, klink dit nie of Bosch som­mer da­de­lik by die diep­kant in­ge­gooi gaan word nie.

“Cur­win het reg­tig goed ge­vaar (hier­die sei­soen). Ek weet daar is meer ver­wag (van hom) in die o.20-Wê­reld­toer­nooi, maar hy het ’n groot toe­koms voor hom,” sê Coet­zee.

“Ek sê al­tyd ons moet na ons jong spe­lers kyk en om jong spe­lers by die groep in te sluit, is ’n soort jong Tur­ke-pro­jek om hul­le aan die S­pring­bok-om­ge­wing ge­woond te laat raak.”

Coet­zee sê Bosch is ’n “ta­lent­vol­le ou,” wat “be­slis in die toe­koms” vir die Bok­ke sal speel.

Pol­lard aan­be­tref, sê Coet­zee die Bul­le-los­ska­kel is “nog nie reg” om vir die Bok­ke te speel nie. “Maar ek wil hê dat hy saam met ons werk so­dat sy fiks­heid kan reg­kom en dat hy teg­nies ook op hoog­te kan kom van ons plan­ne,” sê Coet­zee.

Vol­gens Coet­zee “kan die groep vo­ren­toe ver­an­der.”

Li­o­nel Cron­jé, wat in Ju­nie vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans ge­speel het, is dalk vol­gen­de in die ry. Cron­jé was juis on­langs by ’n Bok-kon­di­si­o­ne­rings­kamp in S­tel­len­bosch.

Dat hy in­tus­sen na Ja­pan toe ver­kas het om daar klu­brug­by vir Toyo­ta Ver­blitz te gaan speel, is nie vir Coet­zee ’n pro­bleem nie. “Of hy nou in Tim­boek­toe is, hy kan steeds vir die S­pring­bok­ke speel,” sê Coet­zee.

Frans S­teyn is se­ker­lik ook ’n op­sie. Hy is eg­ter deur Coet­zee aan­ge­sê om aan sy kon­di­si­o­neWat ring te werk en is nie in­ge­sluit in die Bok­groep vir die eer­ste twee toet­se in die Rug­by­kam­pi­oen­skap teen Ar­gen­ti­nië nie.

Coet­zee sê wel dat dit “moei­lik” raak om spe­lers wat oor­see speel, vir die Bok­ke te kies.

“Ek het nou twee we­ke om vir die toets (teen Ar­gen­ti­nië op 19 Au­gus­tus in Port E­li­za­beth) voor te be­rei,” sê hy.

“Maar die spe­lers wat oor­see speel, sluit eers Son­dag by ons aan, so dit het ’n in­vloed op ons voor­be­rei­ding.”

Coet­zee sê hy weet die be­stuur van die spe­lers in sy groep gaan vir die duur van die Rug­by­kam­pi­oen­skap ’n uit­da­ging wees. “Ve­ral die spe­lers van die Leeus het die af­ge­lo­pe tyd baie my­le op­ge­sit, so ons sal moet se­ker maak dat hul­le uit­ge­rus is,” sê hy.

Foto: GALLO IMAGES

Het die S­pring­bok­af­rig­ter Al­lis­ter Coet­zee se hart in sy keel ge­klop toe Kie­ran Re­ad in ver­le­de week se Su­per­eind­stryd die S­pring­bok­ en Leeus­los­ska­kel El­ton Jan­tjies so om­ge­dop het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.