Aan­val­len­de Blou Bul­le ver­wag taai tuis­stryd teen Haaie

Beeld - - SPORT - Ti­nus van Staden Nol­lis Marais

Die Blou Bul­le kom van­dag voor hul groot­ste uit­da­ging tot dus­ver in van­jaar se Cur­rie­be­ker­reeks te staan.

Die Lig­blou­es het hul eer­ste twee wed­stry­de teen G­rie­kwas en ’n uit­ge­dun­de Goue Leeusspan re­la­tief ge­mak­lik ge­wen, maar die sterk span van die Haaie gaan hul­le op Lof­tus Vers­feld deeg­lik toets.

Dit gaan ve­ral in­te­res­sant wees om te sien of die Blou Bul­le se aan­val­len­de in­ge­steld­heid vrug­te gaan af­werp teen die Haaie se sterk ver­de­di­ging. Die K­waZu­lu-Na­tal­lers het slegs drie pun­te in hul vo­ri­ge twee wed­stry­de af­ge­staan.

Die Blou Bul­le, daar­teen­oor, het 105 pun­te in twee wed­stry­de aan­ge­te­ken, maar ook 67 af­ge­staan.

“Ons speel goeie, aan­skou­li­ke rug­by. Ons het die na­week agt drieë ge­druk en ook ses drieë teen G­rie­kwas. Ons moet net die ba­lans tus­sen aan­val­len­de en ver­de­di­gen­de spel vind,” sê Nol­lis Marais, die Bul­le se brei­er.

“Jy kan nie pun­te af­staan teen ’n span soos die Haaie nie, want hul ver­de­di­ging is puik. Hul­le lek nie drieë nie.”

Marais is deeg­lik be­wus van die be­drei­ging wat die be­soe­kers sy span in­hou.

“Hul­le is ’n uit­ste­ken­de span. Al ver­loor hul­le vir Dan en Je­an-Luc du P­reez, het hul­le steeds spe­lers soos Kee­gan Daniel en Ja­c­ques Ver­meu­len tot hul be­skik­king. As jy hul­le nie keer nie, gaan hul­le 40 pun­te teen jou aan­te­ken,” sê Marais.

Die Blou Bul­le pro­beer ’n nu­we ver­de­di­gings­pa­troon toe­pas, wat op op­skiet­ver­de­di­ging neer­kom. Marais sê dié pa­troon het nog ver­skeie straf­skop­pe teen sy span tot ge­volg.

“Ons dis­si­pli­ne op die on­kant­vir lyn is nog nie goed ge­noeg nie. Ons pro­beer iets nuuts deur vin­nig van ons ver­de­di­gings­lyn af op te skiet, maar dit is steeds be­lang­rik dat ons ag­ter die af­breek­punt bly,” sê hy.

Marais se e­we­knie by die Haaie, Ro­bert du P­reez, was ui­ter­aard in sy nop­pies met sy span se puik ver­de­di­ging.

“Ons moet nou be­sten­dig­heid be­hou. Ek is baie te­vre­de met

‘‘

Jy kan nie pun­te af­staan teen ’n span soos die Haaie nie, want hul ver­de­di­ging is puik.

ons ver­de­di­ging en dit gee ons baie self­ver­troue vir ons vol­gen­de wed­stry­de,” sê Du P­reez.

Die Haaie het slegs drie ge­dwon­ge ver­an­de­rin­ge aan hul span aan­ge­bring wat G­rie­kwas Vry­dag met 41-3 in Dur­ban ver­slaan het.

Die los­ska­kel Cur­win Bosch, agt­ste­man Dan du P­reez en ha­ker C­hi­li­boy Ra­le­pel­le het hul­le by die S­pring­bok­ke se oe­fen­groep vir die eer­ste paar ron­des van die Rug­by­kam­pi­oen­skap aan­ge­sluit.

Bosch word deur In­ny Ra­de­be ver­vang, Du P­reez se skoe­ne word deur die er­va­re Te­ra M­tem­bu vol­ge­staan en Fran­co Marais ver­vang vir Ra­le­pel­le.

■ Blou Bul­le: Ma­nie Lib­bok, Tra­vis Is­mai­el, Fran­co Nau­de, Bur­ger O­den­daal, Jam­ba U­len­go, To­ny Jan­tjies, An­dré War­ner, Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten, Boom Prins­loo (kap­tein), Ru­ben van Heer­den, Ir­ne Herb­st, John­Roy Jen­kin­son, JanHen­ning Campher, Pierre S­choe­man. PLAASVERVANGERS: Jaco Vi­sa­gie, Matthys Bas­son, A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na, S­haun A­den­dorf, I­van van Zyl, D­ries S­wa­ne­poel, JT Jack­son.

Haaie: Garth A­pril, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward, Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, In­ny Ra­de­be, Michael Claas­sens, Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len, Kee­gan Daniel, Ru­an Bo­tha (k), Ty­ler Paul, Ross Gel­den­huys, Fran­co Marais, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS: (Uit) Ak­ker van der Mer­we, Ju­an S­choe­man, John­Hu­bert Mey­er, Je­an Dros­te, Ca­me­ron W­rig­ht, Ben­hard Jan­se van Rens­burg, Od­wa N­dun­ga­ne, Lou­is S­chreu­der, Ma­ri­us Louw, M­za­mo Ma­jo­la, Wi­an Vos­loo. Skeids­reg­ter: Quinton Im­mel­man.

As­sis­tent­skeids­reg­ters: S­te­phan Gel­den­huys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.