Kap­tein mor oor Vern se fiks­heid

Beeld - - SPORT -

Suid-A­fri­ka se kap­tein, Faf du P­les­sis, be­treur Ver­non P­hi­lan­der se ge­brek aan fiks­heid na­dat die Pro­te­as hul toets­reeks teen En­ge­land ver­loor het.

Die gas­heer se oor­win­ning met 177 lo­pies in die vier­de toets Maan­dag op Old Traf­ford het ver­se­ker Joe Root be­klink sy eer­ste reeks as kap­tein met 3-1.

Maar die reeks, wat meest­al in be­wolk­te toe­stan­de be­slis is waar­on­der P­hi­lan­der ge­dy, kon heel­te­mal an­ders ver­loop het in­dien die naat­bou­ler vir die vol­le duur van die wed­stry­de fiks ge­bly het.

P­hi­lan­der (32) was op koers vir ’n uit­ste­ken­de veld­tog na­dat hy vyf paal­tjies ge­neem het en tel­lings van 54 en 42 be­haal het in die Pro­te­as se se­ge met 340 lo­pies in die twee­de toets by T­rent B­rid­ge.

Maar hy is plat­ge­trek deur ’n ge­heim­sin­ni­ge vi­rus wat sy ver­to­ning in die der­de toets by The O­val ge­kort­wiek het, ter­wyl hy weens ’n rug­pro­bleem nie eens vir die span op Old Traf­ford oor­weeg is nie.

Dit is nie die eer­ste keer wat P­hi­lan­der, met ’n uit­ste­ken­de re­kord van 171 paal­tjies in 46 toet­se teen ’n ge­mid­deld van 22.45, nie ’n reeks vol­tooi nie en Du P­les­sis se ge­duld raak skyn­baar min.

“Vir ons om te kon mee­ding en toet­se te wen, het ons Vern no­dig ge­had. Jy be­no­dig jou bes­te spe­lers,” sê die kap­tein.

“Sy af­we­sig­heid was frus­tre­rend en te­leur­stel­lend. Dit ge­beur te gereeld dat hy nie fiks ge­noeg is om te speel nie. Ek en hy het daar­oor ge­sels en hy aanvaar die uit­da­ging.

“Daar was al net te veel ge­val­le waar ons as ’n span ons a­sem op­hou en sê ‘Hy is dalk weer be­seer’.”

Oor wat voor­lê sê Du P­les­sis: “Ons het groot reek­se om die draai – In­dië en Aus­tra­lië tuis – dis agt toet­se en hy móét fiks wees om in al­mal te speel.”

Ver­non P­hi­lan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.