Her­haal­de ver­wy­sing na ras ver­dag

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die ver­meen­de ras­aan­val van ses wit mans op ’n swart paar­tjie by KFC in Mon­ta­na het be­trek­king.

Die SAUK het die na­week be­son­der­he­de van die aan­val in el­ke nuus­bul­le­tin her­haal en son­der uit­son­de­ring is na die ras van al die par­tye ver­wys. Met el­ke bul­le­tin is dit pro­mi­nent aan­ge­kon­dig.

Daar kan met reg ge­vra word waar­om af­ge­wyk is van die ge­bruik om ver­wy­sing na ras te ver­my. En waar­om is die be­rig so dik­wels her­haal? Is dit nie dalk ge­doen om sub­tiel haat aan te blaas en ska­de aan te rig nie?

Die rap­por­te­ring van die aan­val deur die SAUK is ver­dag of ten min­ste on­ge­voe­lig.

Ek sal graag die SAUK se kom­men­taar wil hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.