Ver­keer erg ont­wrig ná brug in­stort

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus en Je­a­nel­le G­rey­ling

Die E­kur­hu­le­ni-me­tro­raad aan die Oos-Rand kan aan­spreek­lik ge­hou word vir die ska­de wat vyf pad­ge­brui­kers ge­ly het toe ’n voet­gan­ger­brug op die N3 na­by die Gel­den­huys-wis­se­laar in­een­ge­stort het.

A­de­le Prins­loo, pro­ku­reur van Ho­ney-pro­ku­reurs in Bloem­fon­tein, sê dat die brug in 1978 ge­sluit is, dui op voor­sien­baar­heid dat dit kon in­een­stort. “Die ver­ant­woor­de­li­ke en­ti­teit (die E­kur­hu­le­ni-me­tro­raad) moes die brug óf in stand ge­hou het óf ver­wy­der het,” sê Prins­loo.

Vier vrag­mo­tors, waar­on­der ’n tenk­wa, en ’n mo­tor was by die voor­val gis­ter­og­gend vroeg be­trok­ke.

“’n Vrou was in ’n vrag­mo­tor se bak vas­ge­keer en die nood­diens­te moes t­wee uur lank suk­kel om haar uit te kry. Sy is in ’n erns­ti­ge, maar sta­bie­le toe­stand per he­li­kop­ter na ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal ge­bring,” sê Is­mail Va­di, LUR vir ver­voer in Gau­teng.

“Die LUR het die to­neel be­soek en is deel van die span om die snel­weg so gou as moont­lik weer te o­pen. Hy is ook be­sig met ’n on­der­soek na die voor­val,” sê Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier van Gau­teng, in ’n ver­kla­ring.

Ver­keer by die Gel­den­huys- en die Gil­looly’s-wis­se­laar kan moont­lik tot mô­re nog ont­wrig word.

Ko­be­li Mok­he­seng, woord­voer­der van die E­kur­hu­le­ni-me­tro­po­li­sie, sê die N3 in al­bei rig­tings sal ge­sluit bly van die Links­field-af­rit op die N3 tot by die M2-af­draai na Jo­han­nes­burg.

Daar is op so­si­a­le me­dia be­spie­gel dat ’n lig­te aard­skud­ding die brug laat in­een­stort het.

El­rich K­gas­wa­ne, seis­mo­loog van die Raad vir Ge­o­we­ten­skap, sê hul stel­sels om Jo­han­nes­burg het geen seis­mie­se ak­ti­wi­teit ge­sien wat ’n aard­be­wing kon ver­oor­saak het wat die brug sou laat in­een­stort het nie.

Hy sê da­ta word weer ont­leed en dié be­vin­dings sal van­dag be­kend wees.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Die N3­snel­weg is in al­bei rig­tings ge­sluit en sal moont­lik eers mô­re her­o­pen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.