Bart met lug­skou ge­groet

Beeld - - Voorblad - Ja­na Marx

Klub­le­de van die Sky­walk-val­skerm­sweef­tuig­s­kool het gis­ter deur ’n lug­skou van Bart Bart­mann (37), as­sis­tent-in­struk­teur van dié vlieg­skool in Broe­der­stroom na­by die Hart­bees­poort­dam, af­skeid ge­neem.

Vroe­ër is be­rig hoe Bart­mann Son­dag met ’n val­skerm­sweef­tuig na­by Hart­bees­poort ver­on­ge­luk het toe ’n ruk­wind hom on­kant be­trap het na­dat hy van die berg ag­ter die A­fri­can S­wiss-re­stau­rant op die R512 in Broe­der­stroom op­ge­styg het.

Bart­mann was ook ’n goeie vriend van die san­ger Ger­hard S­teyn en was in ’n sta­di­um selfs sy lyf­wag.

Die lug­skou het on­der meer val­skerm­sweef­tuie en pa­ra­tri­ke-sweef­tuie in­ge­sluit.

Bart­mann se sus­ters, Ma­ri en Ca­ro­lien, het ten ty­de van die af­skeid elk die ge­leent­heid ge­kry om saam met Ron­nie Beu­kes, ei­e­naar van die val­skerm­sweef­tuig­s­kool, in ’n pa­ra­tri­ke-sweef­tuig te vlieg.

“Ek weet nou hoe­kom hy so baie daar­van ge­hou het,” sê Ma­ri. “Hy was so a­von­tuur­lus­tig!”

Beu­kes sê Bart­mann het 80 jaar in 37 jaar uit­ge­leef. “Ek sluk som­mer aan ’n knop in my keel. Hy was soos een van my kin­ders. Ek het hom op­ge­lei om la­ter die skool by my oor te neem.” Bru­ce A­skham, een van die klub­le­de met wie Bart­mann goed be­vriend was, het ’n kort bood­skap ge­bring en ’n tra­di­si­o­ne­le S­kot­se af­skeids­lied op sy doe­del­sak ge­speel.

Bart­mann se pa, Ter­ti­us, het ’n hul­de­blyk aan sy seun ge­bring en sy ma, Ir­ma, en na­bye fa­mi­lie en vrien­de het die dag by­ge­woon.

Bart­mann word van­dag van­uit die NG kerk Ma­ga­lies­kruin be­gra­we.

Die Sky­walk­val­skerm­sweef­tuig­s­kool het gis­ter só van Bart Bart­mann, as­sis­ten­tin­struk­teur, af­skeid ge­neem.

Ma­ri Bart­mann en Ron­nie Beu­kes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.