Ti­ger kry eer­ste be­ra­ding na­dat hy dronk be­stuur

Beeld - - Voorblad - – Reuters

Die gholf­ster Ti­ger Woods het gis­ter be­gin met ’n be­ra­dings­pro­gram vir oor­tre­ders wat on­der die in­vloed van drank be­stuur het. Vol­gens USA To­day het sy pro­ku­reur gis­ter na­mens hom in die hof in Palm Be­ach, Flo­ri­da, ver­skyn. ’n Hof­be­amp­te sê Woods het daar­na as deel van ’n plei­toor­een­koms met die staat met die be­ra­dings­pro­gram be­gin.

Hy het skuld ont­ken op die aan­klag van dronk­be­stuur.

Dit is na­dat hy in Mei 03:00 in Palm Be­ach in sy Mercedes-Benz van die pad ge­trek is.

Hy was deur­me­kaar en hoe­wel geen al­ko­hol in sy bloed ge­vind is nie, was daar spo­re van die pyn­stil­ler Vi­co­din en die an­ti­de­pres­sant Xa­nax.

Woods se vol­gen­de hof­da­tum is 25 Ok­to­ber, wan­neer hy op aan­klag van roe­ke­lo­se be­stuur moet ver­skyn. Hy gaan blyk­baar skuld be­ken, wat hom in staat sal stel om net ’n op­ge­skor­te von­nis te kry.

Fo­to: REUTERS

Ti­ger Woods se po­li­sie­ fo­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.