Bin­ne: ’n Trotse ou­er

Haar bors swel van trots, sê Way­de se ma

Beeld - - Voorblad - Al­za­ne Nar­rain

“As ou­er kan ek nie trot­ser op my seun wees nie.”

So sê O­des­sa Swarts, Way­de van Nie­kerk se ma, na­dat hy Dins­dag­aand weer die goue me­dal­je in die 400 m-ren op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den ver­o­wer het.

Way­de het in 43.98 sek. ge­wen en so­doen­de sy ti­tel wat hy in 2015 in Bei­jing ver­o­wer het, suk­ses­vol ver­de­dig.

Hy het Suid-A­fri­ka ook sy twee­de goue me­dal­je be­sorg na­dat Lu­vo Ma­nyon­ga goud in die ver­spring los­ge­spring het.

O­des­sa, wat in Bloem­fon­tein moes ag­ter­bly om­dat sy ’n klein o­pe­ra­sie on­der­gaan het, het gis­ter ge­sê sy het voor die by­een­koms ’n bood­skap aan haar seun ge­stuur. Hier­in het sy ge­sê sy is baie trots op hom.

Sy sê hul­le praat nie baie met Way­de voor­dat hy aan ’n by­een­koms deel­neem nie om­dat hul­le nie gro­ter druk op hom wil plaas nie.

“Hy het hier (in Bloem­fon­tein) baie hard ge­werk om hom­self ge­reed te maak vir dié by­een­koms. Ek weet Way­de gaan sy oog op die bal hou en op nog ’n wen fo­kus.”

Haar bood­skap aan haar seun is: “Ont­hou al jou har­de werk en dat dit moont­lik is om al jou doel­wit­te te be­reik. Dit is moont­lik om nog ’n goue me­dal­je te wen.”

Way­de het op sy T­wit­ter-blad ge­skryf: “Voel so­veel trots om die 400 m te wen. Dan­kie, SuidA­fri­ka. Dan­kie, Lon­den. #Lon­don2017”

Fo­to: GETTY IMAGES

Way­de van Nie­kerk

Fo­to: MLUNGISI LOUW

O­des­sa Swarts, Way­de van Nie­kerk se ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.