Op­voe­ding

Dis die sleu­tel tot vroue se be­mag­ti­ging, sê Mej. SA

Beeld - - Voorblad - Ja­na B­rey­ten­bach

De­mi-Leigh Nel-Pe­ters, Mej. SuidA­fri­ka, glo om vroue ’n op­voe­ding te gee, is die be­lang­rik­ste in­stru­ment om hul­le te be­mag­tig.

Nel-Pe­ters het in Vrou­e­maand ’n geld­in­sa­me­lings­pro­jek be­gin on­der­steun wat vroue help om hul ter­si­ê­re on­der­rig te vol­tooi.

Sy is nou am­bas­sa­deur van Cell C se Ta­ke a Gi­rl C­hild to Work Day. Su­zet­te van der Mer­we, voor­ma­li­ge Mej. Suid-A­fri­ka, is die be­stuur­der van die Cell C-stig­ting.

Nel-Pe­ters sê ’n op­voe­ding stel vroue in staat om hul ken­nis, vaar­dig­he­de, self­ver­troue en e­ko­no­mie­se sta­tus te be­vor­der. “Hier­die vaar­dig­he­de stel vroue in staat om by te dra tot die e­ko­no­mie,” sê sy.

Sy be­klem­toon die Ta­ke a Gi­rl C­hild to Work Day-veld­tog is nie net ’n een­dag-ge­leent­heid nie, maar ’n voort­du­ren­de veld­tog.

“Dis sul­ke plat­forms wat my aan­spoor om my ti­tel as Mej. Suid-A­fri­ka te ge­bruik om die jong vroue te koes­ter so­dat hul­le hoof­de van ons be­dryf kan word,” sê Nel-Pe­ters.

“Ek wil hê el­ke jong mei­sie moet droom en glo hul­le kan iets be­reik deur ’n op­voe­ding bin­ne hul be­reik te plaas.”

Van der Mer­we sê die be­mag­ti­ging van vroue en ge­slags­ge­lyk­heid is die e­tos van die maat­skap­py.

“Ons is pas­sie­vol oor op­voe­ding en baie dank­baar vir Mej. Suid-A­fri­ka se on­der­steu­ning om geld vir die Cell C Gi­rl C­hild Burs­a­ry-fonds in te sa­mel.”

Die in­sa­me­ling word ge­doen in sa­me­wer­king met die To­mor­row Trust, ’n on­der­ne­ming son­der wins­be­jag wat daar­op fo­kus om mei­sies te be­mag­tig. Die trust on­der­steun jong vroue uit voor­heen be­na­deel­de ge­meen­skap­pe om for­me­le kwa­li­fi­ka­sies te be­kom.

Van der Mer­we sê 30 vroue het reeds beur­se vir na­graad­se stu­dies ont­vang. “El­ke vrou word ho­lis­ties, a­ka­de­mies en gel­de­lik by­ge­staan.”

Fo­to: REFILWE MODISE

De­mi­Leigh Nel­Pe­ters, Mej. Suid­A­fri­ka, saam met van die be­guns­tig­des van die Cell C Gi­rl C­hild­beurs­fonds. Voor: Nomt­han­da­zo (in­ge­ni­eurs­we­se), Si­net­hem­ba (regs­we­se), Nel­Pe­ters, Tam­syn (me­dies) en Pau­la (regs­we­se). Ag­ter: Jor­dan (regs­we­se), No­buhle (siel­kun­de), S­hel­zia (lo­gis­tie­ke be­stuur) en Ne­li­si­we (be­mar­king). Or­ga­ni­seer­ders het nie die van­ne van die be­guns­tig­des be­kend ge­maak nie om hul pri­vaat­heid te be­skerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.