Eg­paar sterf

Net 24 uur lank ge­troud

Beeld - - Voorblad - Na­di­ne T­heron

’n Jong Suid-A­fri­kaan­se sen­ding­wer­ker en sy A­me­ri­kaan­se vrou was net so­wat 24 uur ge­troud toe hul­le weens ’n mo­tor­on­ge­luk dood is.

Aus­tin Wes­son en Re­be­kah Bou­ma (al­bei 19) is Vry­dag ná ’n war­rel­windro­man­se van so­wat ses maan­de in ’n hof in Kan­sas in die VSA ge­troud, be­rig The Wi­chi­ta Eagle.

Bou­ma het Wes­son in Fe­bru­a­rie in Suid-A­fri­ka ont­moet toe sy op ’n sen­ding­uit­reik was.

Wes­son was van Vis­hoek na­by Kaap­stad en het bran­der­ry­ers in Mui­zen­berg af­ge­rig.

Die eg­paar het be­plan om in Sep­tem­ber ’n gro­ter hu­we­lik­se­re­mo­nie te hou wan­neer Wes­son se fa­mi­lie by hul­le in Kan­sas sou aan­sluit.

Vol­gens The Wi­chi­ta Eagle het hul voer­tuig na­by C­le­ar­wa­ter, waar Bou­ma se ou­ers woon, van ’n pad af­ge­swaai en ’n boom ge­tref.

Wes­son is op die to­neel dood ver­klaar en Bou­ma is Maan­dag in ’n hos­pi­taal in die stad Wi­chi­ta oor­le­de.

“Dit is met ’n on­draag­lik ge­breek­te hart dat ons jul­le in­lig dat ons lief­ling­dog­ter, Re­be­kah Chris­ti­na, Maan­dag 7 Au­gus­tus om 12:32 vreed­saam na die arms van haar Ver­los­ser ge­gaan het,” skryf Bou­ma se ma, Ra­chel, op Facebook.

“Sy is nou by die He­re, vir wie sy so lief was, en sy is nou saam met haar man van net een dag, Aus­tin Wes­son, wat sy met haar he­le hart lief­het. Ons be­dank God dat hul­le saam is ter­wyl ons rou oor die ver­lies. Dink as­se­blief in jul ge­be­de aan al­bei ons fa­mi­lies, en bid ver­al dat Aus­tin se fa­mi­lie gou hier sal kan wees.”

The Wi­chi­ta Eagle be­rig dat Wes­son en Bou­ma op af­son­der­li­ke Chris­te­li­ke sen­ding­uit­rei­ke in Suid-A­fri­ka was.

Vol­gens Bou­ma se ma het baie van hul hof­ma­ke­ry op die Ap­ple-vi­deo-app Fa­ceTi­me plaas­ge­vind.

Hul­le het in Ju­nie aan­ge­kon­dig dat hul­le trou­plan­ne het, on­der meer om Wes­son se im­mi­gra­sie­sta­tus te ver­an­der.

“Al­mal het hul troue be­vraag­te­ken om­dat hul­le 19 jaar oud was,” het Ra­chel aan The Wi­chi­ta Eagle ge­sê.

“Maar daar was geen twy­fel dat hul­le vir me­kaar be­doel was en oor hoe lief hul­le vir me­kaar was nie.

“As jy hul­le saam ge­sien het, sou jy ge­weet het.”

Vol­gens US Week­ly word die oor­saak van die on­ge­luk nog on­der­soek.

Fo­to: FACEBOOK

Aus­tin Wes­son en Re­be­kah Bou­ma is Sa­ter­dag, een dag na­dat hul­le in die hof ge­trou het, in ’n mo­tor­on­ge­luk dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.