Trump waar­sku Noord­Ko­rea se Kim Jong­oen

Kim be­plan aan­val op VSA­ei­land

Beeld - - Voorblad - – Reuters

Die span­ning tus­sen die VSA en Noord-Ko­rea het toe­ge­neem, met o­pen­li­ke drei­ge­men­te deur hul lei­ers.

Noord-Ko­rea het gis­ter ge­sê hy be­plan ’n mis­siel­aan­val op Gu­am, ’n A­me­ri­kaan­se ei­land na­by die Fi­lip­py­ne in die Stil­le Ose­aan.

Eer­gis­ter het pres. Do­nald Trump aan joer­na­lis­te ge­sê die VSA is oor­ge­haal om met “vuur en woe­de” op e­ni­ge be­drei­ging te re­a­geer.

Die toe­ne­men­de span­ning het die A­me­ri­kaan­se aan­de­le­beur­se en an­der fi­nan­si­ë­le mark­te gis­ter die skrik op die lyf ge­jaag.

Waar­ne­mers het Trump ge­maan om nie by ’n mod­der­gooi­e­ry met Noord-Ko­rea be­trok­ke te raak nie, aan­ge­sien dié land ge­reeld dreig om die VSA uit te wis.

Vol­gens Noord-Ko­rea fi­na­li­seer hy sy plan om Gu­am, wat 163 000 in­wo­ners het, aan te val.

Die VSA het ’n groot weer­mag­ba­sis, in­slui­tend ’n vloot­ba­sis, op die ei­land.

’n Woord­voer­der van die Noord-Ko­re­aan­se le­ër het vol­gens

‘‘

Trump pro­beer ’n sterk bood­skap aan Noord­Ko­rea oor­dra in ’n taal wat Kim Jon­goen ver­staan.

— REX TILLERSON

die amp­te­li­ke nuus­diens KCNA in ’n ver­kla­ring ge­sê die plan kan on­mid­del­lik in wer­king ge­stel word so­dra Kim Jong-oen, die land se lei­er, die op­drag gee.

In nog ’n ver­kla­ring is ge­sê die VSA be­plan ’n “voor­ko­men­de oor­log” teen Noord-Ko­rea en as hy dit uit­voer, sal hy dit met “’n vol­skaal­se oor­log be­groet wat al die vy­and se ves­tings sal uit­wis”.

Trump het vroe­ër ge­sê: “Noord-Ko­rea moet die VSA nie ver­der dreig nie. Dit sal met vuur en woe­de be­groet word soos die wê­reld nog nooit ge­sien het nie.”

Noord-Ko­rea se re­to­riek word al hoe fel­ler, al ver­oor­deel die res van die wê­reld sy be­wa­pe­nings­pro­gram.

Rex Tillerson, A­me­ri­kaan­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke wat juis gis­ter op ’n amps­be­soek aan Gu­am aan­ge­kom het, sê Trump pro­beer ’n sterk bood­skap aan Noord-Ko­rea oor­dra “in die taal wat Kim Jong-oen sal ver­staan”.

“Hy ver­staan nie di­plo­ma­tie­ke taal nie,” sê Tillerson.

Ed­die Cal­vo, goe­wer­neur van Gu­am, het Noord-Ko­rea se drei­ge­ment af­ge­maak as groot­pra­te­ry en sê hul­le is in elk ge­val ge­reed vir e­ni­ge si­tu­a­sie.

“Gu­am is A­me­ri­kaan­se grond­ge­bied. Ons is nie net ’n mi­li­tê­re in­stal­la­sie nie,” sê Cal­vo.

Die Ver­e­nig­de Na­sies het die na­week nu­we, baie streng han­del­sank­sies teen Noord-Ko­rea in­ge­stel weens sy ver­suim om op te hou om lang­af­stand­wa­pens te toets.

Noord-Ko­rea het daar­na aan­ge­kon­dig dat hy aan ’n kern­plof­kop werk wat in mis­sie­le klei­ner as die groot in­ter­kon­ti­nen­ta­le bal­lis­tie­se mis­sie­le sal pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.