Skrif is aan die muur

Die uit­slag van die stem­me­ry oor die mosie van wantroue in pres. Ja­cob Zu­ma is ’n “ten­ta­tie­we oor­win­ning” vir die land, het die ont­le­der prof. Su­san Booy­sen aan Ma­ri­da Fit­z­pa­trick ge­sê.

Beeld - - Voorblad - On­der­steu­ners van pres. Ja­cob Zu­ma in Kaap­stad voor­dat daar in die par­le­ment oor die mosie van wantroue ge­stem is. Ma­ri­da Fit­z­pa­trick is re­dak­teur: Stem­me van Net­werk24.

Was jy ver­baas dat so­veel ANC­LP’s teen Zu­ma ge­stem het?

Ek was ef­fens ver­baas. Ek het ge­weet daar is om­trent so­veel men­se wat met die Zu­ma-kamp ver­skil, want ek het on­der­hou­de met die af­val­li­ges in die ANC ge­voer. Wat my wel ver­baas het, is dat al daar­die men­se tog voet by stuk ge­hou het en teen Zu­ma ge­stem het on­danks die to­ta­le aan­slag die laas­te we­ke van die G­we­des, die Jack­sons en die Bat­ha­bi­les. Die men­se in die an­tiZu­ma-kamp is ge­dreig en vir ver­raai­ers uit­ge­kryt, maar hul­le het nog­tans die moed van hul oor­tui­ging ge­had om teen hom te stem.

Gaan dit nou erns­ti­ge ge­vol­ge vir hul­le in­hou?

Hul­le is taam­lik i­den­ti­fi­seer­baar in die ANC. Al­mal weet wie staan waar en al­mal tel kop­pe. Die men­se wat vir die mosie en teen Zu­ma ge­stem het, is men­se wat lank­al nie meer guns­te en ho­ër po­si­sies van die par­ty ver­wag of kry nie. ’n Paar van hul­le is ui­ters i­den­ti­fi­seer­baar, soos Pra­vin Gord­han en Mak­ho­si K­ho­za.

Hul­le het die par­ty se op­drag teen­ge­gaan, so hul­le kan se­ker­lik re­per­kus­sies ver­wag. Aan die an­der kant het hul­le die be­sker­ming van men­se soos hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng, so hul­le kan nie mak­lik uit die par­le­ment ge­skuif word nie.

Hoe het die uit­slag Zu­ma se po­si­sie ge­raak?

Dis baie be­slis ’n erg ver­swak­te Zu­ma wat uit die par­le­ment ge­stap het. Hier­die is werk­lik die skrif aan die muur. Daar was al baie, hy het hul­le net nog nooit ge­lees nie, maar dié keer het hy geen keu­se nie. Dis dui­de­lik dat die ge­ty teen hom draai. Hy sal nie weer aan ’n mosie van wantroue on­der­werp wil word nie, want die mar­ges was baie klein. As daar nog tien ge­swaai het, was dit ge­lyk­op, en as ’n bie­tjie meer as tien ge­swaai het, was hy uit. Dit maak dit ’n haar­breed­te.

Is dit die naas­te wat hy nog daar­aan was om uit­ge­skop te word?

Be­slis. Hier­die is steeds ’n Zu­ma-ANC. Vir hier­die men­se om tot op hier­die punt te swaai, is eint­lik on­ge­loof­lik.

Ná die uit­slag het hy tri­om­fan­te­lik ge­dans en ge­sing. Was dit al­les net ver­toon?

Ja, be­slis. Hy kan on­moont­lik te­vre­de of ge­luk­kig wees met hier­die uit­slag. Dit was ge­vaar­lik na aan ’n ver­loor. En daar is al­tyd ’n moont­lik­heid dat dit nog ver­der teen hom kan draai.

Wat het voor hier­die mosie ag­ter die skerms in die ANC ge­beur?

Ek weet nie of daar veel ge­beur het ag­ter daai skerms nie. Hul­le is ge­reeld die le­vie­te voor­ge­lees in die NUK (na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee) en op die kou­kus­ver­ga­de­rings.

Jy dink dus nie daar is voor­af oor­een­koms­te met Zu­ma ge­sluit of ultimatums aan hom ge­stel nie?

Dis in dié sta­di­um on­waar­skyn­lik. Tot dus­ver was hul­le vas­be­slo­te om die jaar met hom uit te sien. Dit sal die he­le boel erns­tig om­skop as hul­le voor die ein­de van die jaar van hom ont­slae raak.

Ons al­mal aan­vaar nou dit is die ein­de van Zu­ma. Is dit ook die ein­ de van staat­skaping?

Nee. So­lank daar ka­pi­ta­lis­me en gie­ri­ge po­li­ti­ci is, is e­nig­iets moont­lik. Maar die skaal wat ons in Suid-A­fri­ka ge­sien het, was on­ge­kend. Hier­die ver­gry­pe wat ons ty­dens Zu­ma se be­wind ge­sien het, het ’n mens na jou a­sem laat snak. Die Gup­tas is maar net een deel daar­van. Daar is so­veel an­der wat nog hoe­ge­naamd nie die o­pen­ba­re oog ge­haal het nie. Dis nie die ein­de van staat­skaping nie, maar dis ho­pe­lik die ein­de van dít wat ons on­der Zu­ma as staat­skaping leer ken het. Sy staat­skapings­vler­ke is ’n bie­tjie ge­knip. Daar is nou so­veel oë op hom.

Wat van die ANC? Kom die ANC ook ver­swak hier­uit?

Die ANC is so ver­deeld. Die meer­der­heid, vier­vyf­des, het Zu­ma steeds on­der­steun. Dis die oor­heer­sen­de fak­sie in die ANC. Hul­le het ge­wys dié ANC is be­reid om Zu­ma, staat­skaping en kor­rup­sie te ver­de­dig. Dit sal in 2019 teen hul­le tel want die men­se is gat­vol daar­voor. Die oor­heer­sen­de deel van die ANC stap dus ver­swak hier­uit. Maar daar is ook die án­der fak­sie, die al­ter­na­tie­we ANC, ’n ANC wat ge­noeg ge­had het en sê wat te erg is, is te erg.

Dis die lig­gie aan die ein­de van die ton­nel. ’n Mens weet nie of hy gaan aan­hou brand nie. Af­han­gend van hoe sa­ke gaan ver­loop en af­han­gend van wat­ter fak­sie die ein­de van die jaar gaan wen, kan dit ge­noeg wees om die ANC in die vol­gen­de ver­kie­sing te red.

Was die uit­slag van die mosie ’n oor­win­ning of ’n ne­der­laag vir die land?

Ek sou sê dit is ’n ten­ta­tie­we oor­win­ning. Zu­ma is nie uit­ge­skop nie, maar dis ’n ge­lei­de­li­ke de­mo­kra­tie­se ver­an­de­ring. Zu­ma het nog die mag, hy en sy fak­sie kan nog te­ke­re gaan en nog ska­de aan­rig. Maar hul vler­ke is ge­knip en daar­om is dit ’n oor­win­ning vir die be­we­ging ten guns­te van kon­sti­tu­si­o­na­lis­me en ver­ant­woord­baar­heid. Die oor­log is nog nie ge­wen nie, maar die mo­men­tum van staat­skaping en kor­rup­sie is ge­breek. Die wal is ge­gooi.

Fo­to: JACO MARAIS

Prof. Su­san Booy­sen van Wits se skool vir re­geer­kun­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.