Re­bel­le in ANC stem teen hom

Tot 40 kon ge­re­bel­leer het teen hul lei­er

Beeld - - Voorblad - Sce­na­rio 2: 40 ANC­stem­me teen Zu­ma

Die ANC in die par­le­ment is “diep te­leur­ge­steld” in die tien­tal­le ANCLP’s wat Dins­dag saam met die op­po­si­sie­par­tye in ’n ge­hei­me stem­ming vir die mosie van wantroue in pres. Ja­cob Zu­ma ge­stem het.

177 LP’s het dié mosie ge­steun, ter­wyl 198 daar­teen ge­stem het.

Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep, se kan­toor het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die stemuit­slag toon dat meer as 25 LP’s van die re­ge­ren­de par­ty saam met die op­po­si­sie­par­tye ge­stem het.

“Ons is diep te­leur­ge­steld dat som­mi­ge van ons le­de toe­ge­laat het dat hul­le deur die op­po­si­sie ge­bruik word om die ANC te breek en te ver­swak en die land te de­sta­bi­li­seer.

“Ons ver­oor­deel dus hul op­tre­de. Ons sal ons­self tyd gee om ’n be­hoor­li­ke ont­le­ding te doen van wat in dié ver­band ge­doen moet word,” be­rig P­hil­da Es­sop. Dit is moont­lik dat tot selfs 40 “re­bel­le” in die ANC ten guns­te van die mosie van wantroue ge­stem het.

News24 het ver­skeie moont­li­ke sce­na­rio’s ont­leed om te be­paal hoe­veel ANC-LP’s “vol­gens hul ge­we­te” ge­stem het.

Dié sce­na­rio’s is ge­grond op die ver­skil­len­de fak­to­re wat ’n rol in die ge­beu­re kon ge­speel het, maar die ge­volg­trek­kings is in­ge­lig­te raai­sko­te en nie amp­te­li­ke sy­fers nie.

Sce­na­rio 1: 31 ANC­stem­me teen Zu­ma

Daar is amp­te­lik 151 op­po­si­sie-LP’s in die par­le­ment.

News24 ver­neem t­wee le­de van die DA, een lid van die UDM en ’n lid van nog ’n op­po­si­sie­par­ty was nie teen­woor­dig nie.

Dit be­te­ken daar was 147 op­po­si­sie-LP’s wat kon stem.

Een PAC-LP het glo o­pen­lik ge­sê hy gaan nie stem nie.

As die oor­bly­wen­de 146 op­po­si­sie-LP’s al­mal ten guns­te van die mosie van wantroue ge­stem het, moes 31 ANC-LP’s saam met hul­le ge­stem het om by die 177 ja-stem­me uit te kom.

Maar ne­ge le­de het bui­te stem­ming ge­bly, wat be­te­ken be­ne­wens die ge­noem­de PAC-LP het nog agt LP’s nie ge­stem nie.

In die hoogs on­waar­skyn­li­ke sce­na­rio dat dié agt al­mal op­po­si­sieLP’s is, het net 138 stem­me ten guns­te van die mosie van wantroue van op­po­si­sie-LP’s ge­kom.

In dié on­waar­skyn­li­ke sce­na­rio sou 39 ANC-LP’s teen Zu­ma moes ge­stem het. In hier­die sce­na­rio het LP’s van die Na­si­o­na­le Vry­heids­par­ty (NFP) en die A­fri­ka O­n­af­hank­li­ke Kon­gres (AIC), t­wee klein op­po­si­sie­par­tye, nie ten guns­te van die mosie ge­stem nie.

Die AIC is in ’n al­li­an­sie met die ANC in die E­kur­hu­le­ni-me­tro in Gau­teng.

Zu­ma het in 2014 ’n o­lyf­tak na die NFP uit­ge­steek deur Za­ne­le kaMag­wa­za-M­si­bi, die par­ty se lei­er, as ad­junk­mi­nis­ter van we­ten­skap en teg­no­lo­gie aan te stel.

Dié fak­to­re kon die NFP en die AIC se stem­me­ry be­ïn­vloed het.

Die NFP het ses LP’s en die AIC drie.

As al ne­ge dié LP’s van die 151 op­po­si­sie-LP’s af­ge­trek word, saam met die vier af­we­si­ge op­po­si­sieLP’s en die PAC-LP wat ge­sê het hy gaan nie stem nie, bly ’n mak­si­mum van 137 op­po­si­sie-LP’s oor wat Zu­ma die deur wou ge­wys het.

Dit be­te­ken dat 40 ANC-LP’s vir die mosie ge­stem het om by die 177 ja-stem­me uit te kom.

Sce­na­rio 3: 39 ANC­stem­me teen Zu­ma

As die on­be­ken­de af­we­si­ge op­po­si­sie-LP ’n lid van die NFP of die AIC was en as al­bei par­tye se LP’s al­mal wel vir Zu­ma ge­stem het, sou daar net agt LP’s tus­sen die t­wee par­tye ge­wees het wat vir Zu­ma kon stem.

As dít by­ge­re­ken word by die af­we­si­ge LP’s van die DA en die UDM, as­ook die PAC-lid wat nie wou stem nie, sou dit neer­kom op 138 op­po­si­sie-LP’s wat ten guns­te van die mosie van wantroue kon ge­stem het.

In hier­die sce­na­rio het 39 ANCLP’s teen Zu­ma ge­stem vir die to­taal van 177.

– Pie­ter­Lou­is My­burgh, A­dri­aan Bas­son, Paul Her­man

Fo­to: REUTERS

Pres. Ja­cob Zu­ma vier sy “oor­win­ning” Dins­dag­aand na­dat hy die agt­ste mosie van wantroue oor­leef het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.