Zu­ma op­ge­he­mel ná oor­le­wing in par­le­ment

Beeld - - Nuus - C­har­né Kemp

Pres. Ja­cob Zu­ma het gis­ter in sy toe­spraak in Kim­ber­ley op die vie­ring van Vrou­e­dag nie ’n woord oor die vo­ri­ge dag se wan­trou­e­mo­sie ge­sê nie.

Hy het aan­vank­lik moeg voor­ge­kom, maar het breed ge­glim­lag ter­wyl hy be­sing is om­dat hy die mosie teen hom in die par­le­ment oor­leef het.

Hy was die hoof­spre­ker op die Vrou­e­dag­vie­ring in die Ga­les­he­we­sta­di­on.

Dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, sy eks­vrou wat ook in die ge­hoor was, is gees­drif­tig deur le­de van die ANC-vrou­e­li­ga ver­wel­kom.

Syl­via Lu­cas, Noord-Kaap­se pre­mier, en Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het ook oor hom ge­gloei.

Lu­cas sê sy is “ge­wel­dig trots om in die ge­sel­skap van Zu­ma te wees, ver­al op 9 Au­gus­tus, ’n dag ná 8 Au­gus­tus”.

Dla­mi­ni sê Zu­ma is “ge­mar­tel en ver­volg”.

“Die vy­and het nie die ge­duld om tot die vol­gen­de ver­kie­sing te wag nie. Hul­le wou ’n staats­greep uit­voer.

“Ons het in die dui­sen­de as die ANC se vrou­e­li­ga by­een­ge­kom om jou te steun.

“Me­neer die pre­si­dent; jy is nie deur die me­dia, e­li­te of bour­geoi­sie ge­maak nie. Jy is ’n ne­de­ri­ge seun van N­kand­la en Rob­ben­ei­land, plek­ke wat jou en ons land se toe­koms ge­vorm het.

“Jy het ’n mi­nis­te­rie vir vroue op die been ge­bring en vroue tot lei­ers­pos­te ver­hef.”

Sy het vroue in al­le po­li­tie­ke par­tye ver­soek om nie sek­su­e­le teis­te­ring in die huis, kerk, werk­plek en fa­mi­lie te duld nie.

“Mans wat rol­mo­del­le en lei­ers wil wees, se ag­ter­grond en ge­skie­de­nis jeens vroue moet eers on­der­soek word.

“Vroue en kin­ders moet soos blom­me ge­koes­ter word. Mans wat mis­han­de­ling teen­staan, moet hul­le sterk daar­oor uit­spreek.”

Zu­ma het ge­wel­de­naars wat vroue en kin­ders aan­rand, ge­waar­sku dat hul­le vas­ge­vat sal word. “Nie­mand sal hul weg uit die hof en tronk kan koop nie.”

Hy sê die re­ge­ring is be­sorg oor men­se­han­del.

Vroue en mei­sies word met leë be­lof­tes van geld in so­si­a­le me­dia van die huis weg­ge­lok.

Die re­ge­ring en die po­li­sie be­veg die soort mis­da­de en be­haal suk­ses daar­mee.

541 le­wens­lan­ge von­nis­se is in die af­ge­lo­pe boek­jaar aan moor­de­naars en ver­krag­ters op­ge­lê.

“Ons kan nie die 20 000 vroue wat in 1965 by die U­nie­ge­bou teen die pas­wet­te be­toog het, te­leur­stel nie.

“Die werk gaan voort om el­ke vrou in die land toe­gang tot ba­sie­se diens­te, sko­le, kli­nie­ke, geld en e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de en waar­dig­heid te gee,” sê Zu­ma.

Fo­to: C­HAR­NÉ KEMP

Die mar­kies­tent wat vir die Vrou­e­dag­vie­rin­ge op­ge­slaan is, was vol Kim­ber­lie­te wat fo­to’s van pres. Ja­cob Zu­ma ge­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.