Wê­reld­oor­log ‘be­slis tans ’n moont­lik­heid’

Beeld - - Nuus - Ja­na Marx

’n Der­de wê­reld­oor­log is be­slis tans ’n moont­lik­heid, meen ken­ners.

“Die wê­reld is op ’n ge­span­ne plek en A­me­ri­ka en Noord-Ko­rea word al­bei deur gek­ke re­geer. Ons moet die drei­ge­men­te erns­tig op­neem,” sê prof. So­lo­mon Hus­sain, po­li­tie­ke ont­le­der aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, met ver­wy­sing na die woor­de-oor­log tus­sen pres. Do­nald Trump en Kim Jong-oen.

Noord-Ko­rea het ge­sê hy be­plan om ’n mis­siel­aan­val op Gu­am, ’n A­me­ri­kaan­se ei­land na­by die Fi­lip­py­ne in die Stil­le Ose­aan, uit te voer, waar­op Trump ge­dreig het om met “vuur en woe­de soos die wê­reld nog nooit ge­sien het nie” op e­ni­ge aan­val te re­a­geer. (Be­rig op bl. 10.)

Helmoed Heitman, ’n o­n­af­hank­li­ke mi­li­tê­re ont­le­der, meen eg­ter die moont­lik­heid van ’n A­si­a­tie­se oor­log is gro­ter as ’n wê­reld­oor­log.

“Noord-Ko­rea is wis­pel­tu­rig, maar nie on­no­sel ge­noeg om som­mer ’n oor­log te be­gin nie.

“As ’n A­si­a­tie­se oor­log uit­breek, sal daar dalk van Suid-A­fri­ka ver­wag word om ’n es­ka­der veg­vlieg­tuie, soos in die Ko­re­aan­se Oor­log van die 1950’s, te stuur,” sê hy.

“Hier­die span­ning spruit uit daar­die oor­log, wat in 1953 ge­ëin­dig het. A­me­ri­ka en Noord-Ko­rea het nog

‘‘

Hul­le sal nie nood­wen­dig me­kaar se ste­de bom­bar­deer soos in die Twee­de Wê­reld­oor­log nie. Tei­kens sal ook meer spe­si­fiek wees.

— HELMOED HEITMAN

nooit ’n vre­des­oor­een­koms ge­sluit nie. Noord-Ko­rea voel steeds be­dreig deur A­me­ri­ka en Kim se drei­ge­men­te moet erns­tig op­ge­neem word.”

As ’n wê­reld­oor­log uit­breek, gaan dit veel an­ders wees as die Twee­de Wê­reld­oor­log, meen Hus­sain. Wa­pens is veel meer ge­vor­derd en ver­woes­tend en die wê­reld kan selfs ’n kern­win­ter ver­wag.

Heitman ver­moed pre­si­sie­wa­pens en mis­sie­le wat uit duik­bo­te en van ske­pe af ge­vuur word, eer­der as che­mie­se wa­pens, sal ge­bruik word.

“Die aan­vals­plan sal an­ders lyk as in die vo­ri­ge oor­loë. Hul­le sal nie nood­wen­dig me­kaar se ste­de bom­bar­deer soos in die Twee­de Wê­reld­oor­log nie. Tei­kens sal ook meer spe­si­fiek wees, soos wa­pen­ar­se­na­le en wa­pen­fa­brie­ke,” het Heitman by­ge­voeg. Die t­wee ken­ners is dit eens dat die t­wee lan­de se lei­ers wis­pel­tu­rig en on­voor­spel­baar is.

Hus­sain hoop Trump se dog­ter I­van­ka en haar man, Ja­red Kush­ner, bring die A­me­ri­kaan­se pre­si­dent tot be­sin­ning ná sy drei­ge­men­te oor “vuur en woe­de soos die wê­reld nog nooit ge­sien het nie” en dat die C­hi­ne­se Kim kalm sal hou.

Hy hoop ook dat die Ver­e­nig­de Na­sies sy stem dik sal maak.

Heitman ver­wag nie dat C­hi­na in ’n oor­log tus­sen A­me­ri­ka en Noor­dKo­rea be­trok­ke sal raak nie om­dat die land die im­pli­ka­sies daar­van be­sef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.