EFF kap JZ oor hy glo om­ko­pe­ry aan­moe­dig

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die EFF het pres. Ja­cob Zu­ma ver­oor­deel na­dat hy in ’n stel­ling klaar­blyk­lik LP’s aan­ge­moe­dig het om om­koop­geld te aan­vaar om hul stem­me te be­ïn­vloed.

Dit volg na­dat Zu­ma Dins­dag­aand ANC-on­der­steu­ners bui­te die par­le­ment toe­ge­spreek het kort na­dat dit be­kend ge­word het dat hy die agt­ste mosie van wantroue oor­leef het.

Hy het ANC-on­der­steu­ners en LP’s in sy toe­spraak vir hul on­der­steu­ning be­dank en ge­sê: “Hul­le het klomp geld be­stee (na be­we­ring om ANC-LP’s om te koop). Vat die geld en be­taal jul kin­ders se skool­geld daar­mee.”

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, het dié uit­spraak in ’n ver­kla­ring be­skryf as ’n aan­moe­di­ging vir LP’s om om­koop­geld te aan­vaar wan­neer hul­le in die par­le­ment stem – selfs al stem hul­le nie in die be­lang van die­ge­ne wat hul­le om­ge­koop het nie.

“LP’s is ver­on­der­stel om al­le geld wat hul­le kry te ver­klaar, juis om­dat ons moet ver­se­ker dat hul­le nie om­koop­geld kry nie.”

Nd­lo­zi het ook daar­op ge­wys dat Zu­ma met dié stel­ling er­ken dat ’n mis­daad ge­pleeg word, tog meld hy dit nie aan nie. Hy het ’n be­roep op Zu­ma ge­doen om be­wy­se te ver­skaf van e­ni­ge LP wat om­ge­koop is en hul­le by die wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe aan te meld.

Vol­gens hom is dit dui­de­lik dat Zu­ma ’n “kul­tuur van kor­rup­sie” aan­moe­dig.

■ In­tus­sen het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er, ge­sê die par­ty sal weer be­gin om Zu­ma se vraag-en-ant­woord-ses­sie in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring by te woon. Die par­ty het die laas­te ruk weg­ge­bly van sit­tings waar Zu­ma teen­woor­dig was.

Hy het Dins­dag­aand kort na­dat die uit­slag van die mosie be­kend ge­maak is aan eNCA ge­sê: “El­ke keer as ons nie hier (in die par­le­ment) is nie, tree hy op as­of hy die ei­e­naar van ’n spa­za is. So, ons gaan hom ’n les kom leer dat dié nie sy spa­za is soos die een in N­kand­la nie. Hier­die is die par­le­ment wat aan die men­se be­hoort.

“Ons gaan dus die vol­gen­de sit­ting by­woon waar Zu­ma gaan wees en hom aan­spreek­lik hou en kon­fron­teer en vir hom sê dat sy eie le­de nie van hom hou nie,” het Ma­le­ma ge­sê.

Zu­ma se vol­gen­de vraag-en-ant­woord-ses­sie is op 31 Au­gus­tus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.