Le­so­tho wil nie meer ‘stout kind’ wees

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Die re­ge­ring van Le­so­tho het adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ver­se­ker dat ’n so­ge­naam­de veel­par­ty­di­a­loog in dié berg­ko­nink­ryk ge­hou sal word om kwes­sies te pak wat die Sui­derA­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap (SAOG) pla.

Ra­map­ho­sa, wat as SAOG-fa­si­li­teer­der oor Le­so­tho op­tree, het Ma­se­ru gis­ter be­soek.

Dr. T­ho­mas T­ha­ba­ne, pre­mier van Le­so­tho, het ná ’n ont­moe­ting met Ra­map­ho­sa ge­sê Le­so­tho sal al­les in sy ver­moë doen om nie meer Sui­der-A­fri­ka se “stout kind” te wees nie.

Ra­map­ho­sa, wat ook met staats­amp­te­na­re, die op­po­si­sie en die bur­ger­li­ke ge­meen­skap ver­ga­der het, sê in die veel­par­ty­di­a­loog sal aandag aan die her­vor­ming van die vei­lig­heids­diens­te, me­dia, grond­wet en staats­diens ge­gee word.

Hy sê die SAOG is dank­baar dat Le­so­tho sy sa­ke in or­de wil kry.

On­sta­bi­li­teit teis­ter Le­so­tho die laas­te paar jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.