Hond ná 2 dae in ka­naal ge­red

Beeld - - Nuus - Al­za­ne Nar­rain

’n Uit­ge­put­te en ge­trau­ma­ti­seer­de jong hond is uit ’n ka­naal op ’n plaas bui­te Vi­r­gi­nia ge­red na­dat sy t­wee dae lank vir le­we en dood aan ’n se­ment­strook in die ka­naal vas­ge­klou het.

’n Moeë Rain­bow, die teef­hond wat uit die ka­naal op die plaas in die rig­ting van T­heu­nis­sen ge­red is, het on­danks ’n be­seer­de bek ’n groot bak kos ver­or­ber na­dat sy ge­red is.

Sy was t­wee dae lank in die ka­naal vas­ge­keer.

T­hea S­mit, voor­sit­ter van die DBV in Vi­r­gi­nia, sê Rain­bow, ’n kruis tus­sen ’n Duit­se her­ders­hond en ’n pool­hond, het in die diep­kant van die ka­naal vas­ge­sit.

Sy het om le­we en dood aan ’n se­ment­strook vas­ge­klou.

Toe die DBV Dins­dag op die to­neel aan­kom, was sy ver­bou­e­reerd en het kort-kort ge­gly.

Pe­ter Mot­se van die DBV het in die wa­ter ge­spring om haar te red.

Toe sy uit die wa­ter ge­red is, was sy angs­tig, deur­me­kaar en uit­ge­teer.

Sy het weg­ge­hard­loop, maar is en­ke­le mi­nu­te la­ter deur Mot­se, Er­nest K­hak­hai en Man­de­la P­ha­ki­ra ge­vang.

S­mit sê by die DBV het Rain­bow ver­seg dat men­se aan haar raak.

“Sy was baie moeg, lam en ’n bie­tjie ma­er. Die na­els en kus­sings van haar voor­po­te is af­ge­skuur om­dat sy tel­kens in die ka­naal ge­gly het.

“’n Groot been het ook in haar ag­ter­ste ver­he­mel­te vas­ge­sit na­dat dit dwars in haar mond ge­draai het.

“Die vee­arts het die bloe­ding aan haar po­te ge­stop en die been uit haar mond ver­wy­der.”

Haar in­fek­sies word met an­ti­bi­o­ti­ka be­han­del.

Rain­bow se tan­de dui aan dat sy tus­sen t­wee en drie jaar oud is.

S­mit sê die hond sterk goed aan. Sy is nou vrien­de­lik en kalm. Sy laat nou men­se na­by haar toe. Sy sê die drie mans wat haar ge­red het, het haar Rain­bow ge­noem om­dat hul­le “glo ná ’n groot storm kom daar ’n mooi re­ën­boog”.

Geen ei­e­naar het nog na vo­re ge­kom nie. Rain­bow sal waar­skyn­lik ná ’n week vir aan­ne­ming be­skik­baar wees.

Fo­to’s: FACEBOOK

Rain­bow was t­wee dae lank in ’n ka­naal op ’n plaas bui­te Vi­r­gi­nia vas­ge­keer.

Rain­bow sterk goed aan by die DBV in Vi­r­gi­nia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.