Hul­de aan G­len Camp­bell

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Die groot­ste na­me in coun­try­mu­siek het gis­ter hul­de ge­bring aan die le­gen­da­rie­se coun­trys­an­ger en ki­taar­spe­ler G­len Camp­bell (81). Hy was ver­al be­kend om sy tref­fer “R­hi­nes­to­ne Co­w­boy”.

Sy fa­mi­lie het Dins­dag op Facebook aan­ge­kon­dig dat hy dood is ná ’n “lang en dap­per stryd” teen Al­z­hei­mer se siek­te, be­rig CNN.

Dol­ly Par­ton sê Camp­bell was een van die groot­ste stem­me van al­le tye.

B­ri­an Wil­son van die Be­ach Boys sê hy is ge­bro­ke oor Camp­bell se dood.

Vol­gens die BBC is Al­z­hei­mer se siek­te in 2011 by Cam­pell ge­di­ag­no­seer.

Die BBC be­rig Camp­bell het hom­self ge­leer mu­siek maak.

Hy het arm groot­ge­word, maar het uit­ein­de­lik meer as 70 al­bums uit­ge­reik en meer as 45 mil­joen ek­sem­pla­re daar­van ver­koop.

Camp­bell was nie net be­kend om sy mu­siek nie, maar ook om sy aan­trek­li­ke voor­koms.

Hy het in die laat 1960’s sy eie te­le­vi­sie­pro­gram, The G­len Camp­bell Good­ti­me Hour, ge­had en is in 2005 by die Coun­try Mu­sic Hall of Fa­me in­ge­lyf.

CNN be­rig dat Camp­bell ki­taar ge­speel het in die Be­ach Boys se “Good Vi­bra­ti­ons” en “Help Me R­hon­da”, Frank Si­na­tra se “So­me­thing in the Nig­ht” en El­vis P­res­ley se “Vi­va Las Ve­gas”.

Fo­to: REUTERS

Aan­han­gers drom gis­ter saam by ’n krans wat in Los An­ge­les by G­len Camp­bell se Hol­ly­wood Walk of Fa­me­ster neer­ge­sit is.

G­len Camp­bell in 1967.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.