Mo­to­ris op pad in Pta aan­ge­rand

MANS SPRING UIT TAXI’S, VAL AAN Me­tro­po­li­sie­le­de kyk toe, help slag­of­fer nie

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Hul­le het ge­slaan om dood te slaan, maar die me­tro­po­li­sie­le­de daar na­by het nie ’n vin­ger ver­roer nie.

Selfs toe Ca­rel Kru­ger (43) be­bloed van die houe met bak­ste­ne teen sy kop na t­wee le­de van die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie ge­hard­loop het, het een van sy aan­val­lers nog ’n hou in­ge­kry.

Kru­ger het een van die po­li­sie­le­de aan die baad­jie ge­gryp en ge­smeek: “Help!”

“Die t­wee me­tro­po­li­sie­le­de het net daar ge­staan. Hul­le was ge­wa­pen, maar het niks ge­doen nie.”

Toe vlug Kru­ger maar tus­sen die voer­tuie op die pad deur en bel ’n vriend om hom te kom help.

An­der le­de van die Tshwa­ne­me­tro­po­li­sie het wel la­ter in­ge­gryp en sy t­wee ver­meen­de aan­val­lers ge­vang.

Kru­ger sê hy gaan klag­te in­dien teen die t­wee wat vol­gens hom net ge­staan en kyk het

‘‘

Die t­wee me­tro­po­li­sie­le­de het net daar ge­staan. Hul­le was ge­wa­pen, maar het niks ge­doen nie.

hoe hy vir sy le­we veg.

Hy het Vry­dag net ná 19:00 in La­ven­der­weg in die noor­de van P­re­to­ria ge­ry toe ’n wit mi­ni­bus­taxi van baan ver­wis­sel en voor hom in­ry.

“Ek het ge­toet en my lig­te ge­flik­ker, toe pro­beer die taxi my bak­kie van die pad af druk. Ek het ver­snel om voor hom in te kom. Toe ek te­rug in die pad is, het ek van baan ver­wis­sel om uit sy pad te kom.”

Die vol­gen­de oom­blik het die wit taxi ver­by­ge­jaag en ’n blou mi­ni­bus­taxi langs Kru­ger in­ge­jaag.

“Die blou taxi het my ook van die pad pro­beer af­dwing. Ek het pro­beer weg­kom, maar die blou taxi het my bak­kie van ag­ter ge­stamp.”

Die bak­kie se e­lek­tro­ni­ka s­ka­kel ou­to­ma­ties af van ’n se­ke­re im­pak, sê Kru­ger.

“My bak­kie het gaan staan, die wit taxi het dwars­oor die pad voor my in­ge­trek en die bloue het reg ag­ter my ge­stop.”

Drie of vier mans wat uit die taxi’s ge­spring het, het hom toe aan­ge­val.

Hy het uit­ge­spring en pro­beer vlug ter­wyl hul­le hom glo met bak­ste­ne ge­slaan het.

Tus­sen die houe deur het hy t­wee me­tro­po­li­sie­le­de op die mid­del­man­ne­tjie sien staan.

“Wat as dit met ’n vrou of ’n klei­ner man ge­beur het? Hul­le sou dood ge­wees het. En dit was tog dui­de­lik wié die slag­of­fer was.”

Dan­ny Mahlan­gu en Mo­diso Dooka het in­tus­sen in die hof ver­skyn en staan te­reg op aan­klag van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer.

Hul­le is op borg­tog van R600 elk vry­ge­laat en moet weer op 23 Au­gus­tus in die hof wees.

Die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.