‘Ek sterf, bid vir my,’ sê ont­voer­de pa aan seun

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

O­mar Car­rim se fa­mi­lie het ’n drin­gen­de plei­dooi aan sy ont­voer­ders ge­rig om hom so gou moont­lik by ’n hos­pi­taal te kry.

Hul­le het nog ’n op­roep ont­vang waar­in die 76-ja­ri­ge sê: “Ek sterf. Ek kan dit nie maak nie. Bid vir my.”

Sy seun Abdul­la Car­rim het gis­ter ge­smeek: “Ons is ge­wel­dig be­kom­merd. Ons pa het ’n erns­ti­ge hart­pro­bleem. Hy sou Vry­dag – die dag na­dat hy ont­voer is – ’n hart­o­pe­ra­sie on­der­gaan het. Hy het nie sy hart­me­di­sy­ne by hom nie. Neem hom as­se­blief na die Zuid-A­fri­kaans-hos­pi­taal in P­re­to­ria.”

O­mar is ver­le­de Don­der­dag ont­voer toe hy die Ho­me Hy­per Ci­ty-ma­te­ri­aal­win­kel in P­re­to­ri­us­straat, P­re­to­ria, waar­van hy die ei­e­naar is, 17:45 ver­laat het. Hy het nooit by sy huis in Lau­di­um, wes van P­re­to­ria, op­ge­daag nie.

Die laas­te plek waar ’n sel­foon­sein van O­mar ge­kry is, is na­by die K­go­si Mam­pu­ru II-ge­van­ge­nis.

Hier is O­mar se bril, sel­foon­sak­kie en pa­pier met bloed­spat­sels op ge­kry.

Die Vry­dag is sy sil­wer­kleu­ri­ge voer­tuig uit­ge­brand in ’n veld in S­chur­veberg na­by Hart­bees­poort ge­vind.

Abdul­la het Son­dag ’n op­roep ge­kry. Hy het sy pa se stem her­ken.

“Hy het ge­sê hy is ou­kei en dat hy sy chro­nie­se hart­me­di­ka­sie

‘‘

Doen as­se­blief die reg­te ding en neem hom hos­pi­taal toe.

drin­gend be­no­dig. Toe is die op­roep be­ëin­dig.”

Dins­dag het Abdul­la weer ’n op­roep ge­kry, dié keer lan­ger.

“Sy stem was ge­stres en swak. Sy eer­ste woor­de was: ‘Ek sterf, ek kan dit nie maak nie. Bid vir my.’ Ek het ge­ant­woord dat ek sal bid.

“My pa se are is ge­blok. Ek is ver­baas dat hy nog leef son­der sy me­di­sy­ne. Hy be­no­dig ’n hart­o­pe­ra­sie.

“Ons smeek die ont­voer­ders, as Tata nie bin­ne die vol­gen­de paar uur in ’n hos­pi­taal­te­a­ter is nie, sal hy sterf. Hy moes al vir die o­pe­ra­sie ge­gaan het.

“Jul­le het nou al ’n he­le paar dae Tata se sagt­heid, vrien­de­lik­heid en lief­de ge­sien. Doen as­se­blief die reg­te ding en neem hom hos­pi­taal toe,” pleit Abdul­la.

Die fa­mi­lie ver­wys na O­mar as “Tata” om­dat hy Nel­son Man­de­la se be­gin­sels ge­volg het en el­ke maand ’n der­de van sy sa­la­ris en ’n der­de van die win­kel se wins aan be­hoef­ti­ges ge­gee het.

Si­za­ke­le N­ko­si-Ma­lo­ba­ne, Gau­teng­se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, sê ’n span is aan­ge­wys om die plaas­li­ke po­li­sie­on­der­soe­kers te help.

O­mar Car­rim (76) se uit­ge­bran­de mo­tor is ge­vind ’n dag na­dat hy ont­voer is.

O­mar Car­rim

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.