Veld­wag­ters skiet ver­meen­de stro­per

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Veld­wag­ters het Maan­dag ’n ver­meen­de stro­per in die Kru­ger­wild­tuin dood­ge­skiet.

Dit het na­by die P­ha­la­bor­wa-hek ge­beur in ’n oor-en­weer-skie­te­ry tus­sen die ver­meen­de stro­pers en die veld­wag­ters.

Vol­gens lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, woord­voer­der van die po­li­sie in Lim­po­po, is die i­den­ti­teit van die ver­meen­de stro­per nog nie vas­ge­stel nie. Daar word ver­moed dat hy en sy mak­kers Mo­sam­biek­se bur­gers is.

Die man se mak­kers, wat ge­wa­pen was, het te voet ge­vlug.

“Ons is be­sig om lei­dra­de op te volg,” sê N­goe­pe.

Die oor­le­de­ne is so­wat 30 jaar oud.

N­goe­pe sê le­de van die ge­meen­skap na­by Hoed­spruit het die po­li­sie Maan­dag ge­kon­tak oor drie ver­dag­tes wat ver­moe­de­lik op pad was om re­nos­ters te stroop.

Die mans het met am­mu­ni­sie en ’n byl rond­ge­loop.

Hul vuur­wa­pen, ses ron­des am­mu­ni­sie en ’n byl is ge­vind.

N­goe­pe het men­se ge­vra om die po­li­sie te kon­tak as hul­le e­ni­ge ver­dag­tes sien.

Kol. Alphe­us Mo­ka­le kan ge­bel word by 082 565 6524. Men­se kan ook die po­li­sie se nood­nom­mer 0860 010 111 s­ka­kel of ’n SMS stuur na 32211.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.