Po­li­sie­lid se fa­mi­lie oor­han­dig hom

Beeld - - Nuus - – An­dré Da­mons

Die po­li­sie­lid wat se­dert Vry­dag­aand voort­vlug­tig was na­dat hy ’n kol­le­ga na be­we­ring dood­ge­skiet en drie an­der men­se ge­wond het, is Dins­dag laat deur sy fa­mi­lie­le­de aan die po­li­sie oor­han­dig.

Mo­ses Dla­mi­ni, woord­voer­der van die o­n­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat, sê die 29-ja­ri­ge kon­sta­bel van die Se­lo­ses­ha­blits­pa­trol­lie is Dins­dag­mid­dag laat by die Park­weg-po­li­sie­kan­toor in Bloem­fon­tein oor­han­dig.

Dit volg ná ’n nood­lot­ti­ge skie­te­ry Vry­dag­aand by ’n ta­ver­ne in Bots­ha­be­lo waar­ty­dens ’n po­li­sie­ser­sant, net ge­ï­den­ti­fi­seer as Moro­a­ne, dood­ge­skiet en drie an­der men­se ge­wond is. Een van die ge­won­des is die kon­sta­bel se ge­we­se mei­sie, ook ’n kon­sta­bel.

Die ver­dag­te het sy ge­we­se vrien­din na be­we­ring aan­ge­rand en die oor­le­de­ne en ’n an­der po­li­sie­be­amp­te het toe tus­sen­bei­de ge­tree. Die ver­dag­te het die to­neel ver­laat en la­ter met wat ver­moe­de­lik sy diens­pis­tool is na die ta­ver­ne te­rug­ge­keer en sko­te af­ge­vuur.

Die man sal van­dag in die hof ver­skyn op aan­klag­te van moord, po­ging tot moord en dwars­bo­ming van die ge­reg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.